Lily-myn: ‘Buitengewone maatreëls’ nodig

Die hekke na die Lily-myn. Foto: Verskaf

Die hekke na die Lily-myn. Foto: Verskaf

Mosebenzi Zwane, die minister van minerale hulpbronne, het Maandag versoek dat “buitengewone maatreëls” aangewend word om te verseker dat die drie vasgekeerde werkers in die Lily-myn in Barberton gered word.

Zwane het gesê reddingspanne sal deur rotsingenieurs en ander kenners bygestaan word nadat ʼn derde ineenstorting Sondag aangemeld is. Zwane het Saterdag die myn besoek om die vordering van die reddingsaksies te evalueer en met die families van die vasgekeerde mynwerkers te praat.

“Ons is aangeraai om niemand ondergronds te stuur nie, maar sodra dit veilig is om dit te doen, sal die reddingspanne weer aan die werk spring. Ons hoofdoelwit is steeds om die drie werkers te bevry,” het hy gesê.

Yvonne Mnisi, Pretty Mabuza en Solomon Nyarenda is steeds nie uit die skeepshouer onder die grond gered waarin hulle vasgekeer is sedert ʼn gedeelte naby die ingang van die myn op 5 Februarie ineengestort het nie.

Vantage Goldfields het Saterdag gesê elk van die meer as 70 werkers wat die ineenstorting by die myn oorleef het, sal R50 000 ontvang. Die drie werkers wat steeds ondergronds vasgekeer is, of hul gesinne, sal elk R200 000 ontvang.

Pres. Jacob Zuma het intussen drie ministers afgevaardig om die families van die vasgekeerde mynwerkers te ondersteun, naamlik Zwane, Susan Shabangu (minister vir vroue in die presidensie) en Bathabile Dlamini (minister van maatskaplike ontwikkeling).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

scalla ·

Ek dink daar is alle moontlike beskikbare maatreels ingestel deur die myn owerhede om die oorlewendes te red, wat word bedoel deur die minister met buitengewone maatreels, sal graag wil hoor van sy planne, daar was reeds 3 stortings gewees, jy kan nie sommer maklik teen die natuur oorwin nie, dit sal tyd neem, hoop maar van die beste, sterkte aan die families

DPJ ·

Ek stel voor dat die hele kabinet ondergronds moet gaan om die presies toestand van die myn uit te vind en met eerste handse kennis te kan praat en nie op hoor sê te praat.

Save_Rhino ·

Dit is n myn ramp. Dat so iets kon gebeur het is iets ongewoond, en die die rots stortings duur steeds voort. Het die droogte daarmee iets die doen. Ondergrond se water wat weg is en lee kamers gevorm het. Ek stel voor dat die Lily’s totaal en al gesluit word, my empatie met mense wat werk verloor en die vasgekeerders in die vraghouer. DPJ se stelling is ongegrond. Slegs bevoegde persone kan nou besluite neem. “Sluit die myn”

susan ·

Save the Rhino. Ek dinkDPJ se kommentaar moet tussen die lyne gelees word…./tong in die kies…

Wat-ek-lees ·

Zwane se “buitengewone maatreëls” om die werkers te red? Wat hy daarmee bedoel weet nugter. Hy het beslis nie ondergronds gewerk en dus nie letterlik gat gekruip vir sy geld soos die uwe. Los die besluitneming vir die geoloë en rotsingenieurs (rock mechanics) en LUISTER na hul aanbevelings. Bly nugter maar onthou dat in mynbou is die omgee tussen wit en swart vir mekaar onoortreflik betreffende veiligheid en noodsituasies.

Joma van der merwe ·

Ek dink wat hulle bedoel met buitengewone maatreëls is om van meer moderne tegnologie gebruik te maak om die 3 mense te bevry. Ek het gelees van ‘n masjien wat die rots kan los breek sodat dit nie vir mense nodig is om in te gaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.