Lily-myn: ‘Lewendig of dood, hulle moet gered word’

'n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

‘n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

Vantage Goldfields het gesê geen moeite sal ontsien word om die drie mynwerkers, wat ondergronds vasgekeer is by die Lily-myn in Barberton, Mpumalanga, te red nie.

Lede van die portefeuljekomitee vir minerale hulpbronne het die myn Dinsdag besoek. Sahlulele Luzipo, voorsitter van die komitee, het gesê hulle is deur die departement van minerale hulpbronne en Vantage Goldfields meegedeel die maatskappy sal alles in hul vermoë doen om te verseker die drie mynwerkers word na die oppervlak gebring.

Luzipo het gesê hulle verwag die mynwerkers sal na die oppervlak gebring word, hetsy dood of lewendig. “Ons sal nie rus voordat hulle gered is nie.” Volgens Luzipo het hulle die families van die mynwerkers ontmoet. “Ons het hulle aangemoedig om sterk te bly en aan te hou glo iets gaan gebeur en om aan te hou bid.”

Geologiese kenners was Dinsdag steeds besig om te bepaal of dit veilig is om reddingswerkers weer ondergronds te stuur. Die Lily-myn is tans gesluit en reddingsaksies is heeltemal gestaak ná twee ineenstortings die afgelope naweek in die sinkgat waar die mynwerkers vasgekeer is.

Lees alle vorige berigte oor die Lily-myn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

jacomina ·

Wil net dit se, ongeag die ras, dink ek dit is verskriklik en horrific om onder die grond vasgekeer te wees, kan nie ophou bid vir die mense se behoud nie en hulle mag dit dalk net maak weens hul lewens omstandigdhede. Ek verstaan dat daar risikos en allerhande ander faktore is wat in ag geneem moet word met die reddingspoging maar verseker sal ek mal geword het van verdriet as ek buite die myn gewaak het terwyl my mense binne vasgekeer is.
Ek sien die myn bied darem ‘n soort kompensasie aan die mense wat wel ondergronds uitgehaal is en aan die familie van die 3 wat nog steeds ondergrond vasgekeer is, maar kan geld werklik sulke aaklige gebeurtenis uit ‘n mens se hart wis??? Dit sal verseker welkom wees, maar die sielkundige skade is daar vir ‘n leeftyd…in die werker en sy familie. My innigste meegevoel aan die families!

charlene ·

Jacomina ek stem saam jou, 100% (in die wereld waarin ons leef, gaan alles mos oor ras veral in die land)
Ek sal ook mal word – dit krap my om as ek die nuus lees, ek verstaan nie hoe kon hulle nog die mense uit kry nie, dis aaklig. Ek hoop ook hulle word gou gevind, en niks is onmoontlik – daar is nog `n kans dat hulle dalk lewe. Ons hoop en bid hulle lewe

marita ·

Dit is so wreed om dai arme mense so lank onder in dai myn te los,

Martin ·

Marita, het jy nie die vorige berigte gelees nie? Dit is baie duidelik hulle doen alles wat hulle kan om daai mense uit te kry. Dit is nie ‘n geval hulle los daai mense daar nie. Waar kom dit vandaan?

patricia ·

GOD is almagtig miskien lewe hulle nog en is net te swak om geluide te maak. Ek stem saam hulle families moet weet lewendig of dood. Wonderwerke gebeur nog steeds kom ons laat dit in GOD se HANDE.

Leonie ·

Kan hulle nie meer reddingswerkers van ander lande kry om te kom help nie?? SA staan altyd ander lande by in verskillende situasies, hoekom kan dit nie hier gedoen word nie. Ek voel so jammer vir hulle en hulle families, dis verskriklik. Ek hoop regtig dat hulle voor die einde van die week uit is en hoop ook dat hulle nog leef! Bid elke dag vir hulle.

Hannelie ·

Ek kry die families van die drie mense so verskriklik jammer. Als waardeer hulle nou moet gaan. Daar is nog hoop vir hulle, maar om so lank sonder water en kos vasgekeer te word….. Ons kan net bid.

Sumsare ·

Dits hartseer maar dit gaan oor veiligheid en om ander lande te betrek tot die reddings poging gaan geen verskil maak nie – “Safety First” – “SA Rescuers well trained “

Chris W ·

Suid Afrika se proto reddings spanne is die beste in die wereld.NIEMAND kan gevaarlike toestande in ‘n myn weg wens nie.En as daar boonop nog rotsstortings was (onthou dis rotse en klip nie grond nie) maak dit die situasie 100 maal gevaarliker.’n Myn IS ‘n baie gevaarlike plek – dis nie ‘n kantoor nie!Om mense wat ander moet red in ‘n onveilige plek in te stuur is om hulle te vermoor.Jy kan dit eenvoudig nie doen nie.

jannie ·

Die opskrif “lewendig of dood hulle moet gered word” maak nie sin nie as hulle dood is kan hulle nie gered word nie maar uitgebring word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.