Lily-myn: Reddingspoging dalk met 2 weke vertraag

'n Lugfoto van die ineenstorting op 5 Februarie 2016 van Vantage Goldfields se Lily-myn. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

‘n Lugfoto van die ineenstorting op 5 Februarie 2016 van Vantage Goldfields se Lily-myn. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

Vantage Goldfields het Woensdagaand gesê dit kan moontlik nog twee weke duur voor die reddingspoging vir vasgekeerde Lily-mynwerkers in Barberton, Mpumalanga hervat.

“Ek wil graag die omvang en ingewikkeldheid van die operasie vir rotsingenieurs beklemtoon,” het Mike McChesney, uitvoerende hoof van Vantage Goldfields, omstreeks 22:00 by die myn gesê. “Hulle voorspel dit kan dalk nog twee weke duur voor dit weer veilig is om die werk te hervat.”

McChesney het gesê geologiese kenners het Lily-myn aangeraai om slegs die reddingspoging te hervat wanneer ʼn ontsnappingsroete vir reddingswerkers geboor is.

“Die rotsingenieurs het nou ʼn geotegniese verslag saamgestel wat Woensdag met alle belanghebbendes gedeel is,” het hy gesê. Volgens McChesney sal die reddingspoging hervat sodra daar ʼn ontsnappingsroete is.

“Ons het gevolglik ʼn reddingsbooreenheid van Mynredding bekom. Dit is dieselfde tipe eenheid wat ʼn paar jaar gelede tydens die reddingspoging in Chili gebruik is,” het hy bygevoeg. “Dit is ʼn moderne boormasjien wat ʼn 600 mm-gat kan boor – presies die regte grootte om ʼn persoon in ʼn noodgeval van ondergrond na die oppervlak te bring. Hy het gesê die boor gaan ongeveer 80 meter diep boor.

Lily-myn, wat aan Vantage Goldfields behoort, is tans gesluit en die reddingspoging is tydelik opgeskort nadat twee verdere ineenstortings by die sinkgat plaasgevind het waar drie mynwerkers steeds vasgekeer is, ná meer as ʼn week.

Yvonne Mnisi, Pretty Mabuza en Solomon Nyarenda is op 5 Februarie ondergronds vasgekeer toe die houer waarin hulle gewerk het, in ʼn sinkgat beland het toe ʼn kroonpilaar ineengestort het. Die houer is daarna deur groot klippe toegeval. Altesaam 76 ander werkers is ná die ineenstorting gered.

Familielede van die drie mynwerkers kampeer op die mynperseel.

Maroela Media het Dinsdagaand berig ‘n veiligheidsbeampte van die myn het sy eie lewe geneem.

Lees alle vorige berigte oor Lily-myn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Sarel Strydom ·

Ek het simpatie met naasbestandes en familie van die vermiste mynwerkers. Dit moet sielsdodend wees om daar te sit en wag en hoop. Sterkte en ek vertrou u sal elke een die krag van Bo ontvang om die ramp te verwerk
Ek het egter vrae oor ander gebeure. Dit is en sal ook nie die eerste of laaste mynramp in die geskiedenis van SA wees nie. Hoekom die groot belangstelling van sekere mense en instansies. Probeer sekere mense Poitieke munt uit die situasie slaan. In SA se Politiek is alles moontlik. Wie is die eienaars presies en is daar bande met sekere Politieke party?

Wonder ·

Die pokitieke munt pla my nie…wat my wel pla is dat sangomas ingeroep is vir allerhande rituele.(sien fotos en berig in ander koerant)…en ek sien dan jy “Glo dat” God die naasbestaandes sal bystaan. God is genadig ja, maar ek wil weet of Hy iemand sal red wat iets anders aanroep as Homself? Vir my is dit n klap in God se gesig…

elizabeth ·

Sarel, dalk moes jou kommentaar maar gestop het by ….. ramp te verwerk…….

ai ai ·

Nog 2 weke. Gaan die 3 mense dan nog lewe? Hoe moet daai mense nie suffer nie. Om dood te gaan van die dors en honger. Nee jissie. My hart bloei vir die naasbestaandes van daai 3 mense, maar my trane vloei vir die 3 mense self.

Vv ·

Sterkte aan die familie stem saam kan hulle nog regtig die voor val oor leef. Maar God’s hand oor hulle en ons hoop en bid maar hulle kan daar lewend uit kom. D

Spikkel ·

Sterkte aan die families. Ek dink egter mens moet realisties wees. Ek twyfel of hulle nou nog leef… maar mens bly maar hoop.

m ·

Dis baie hartseer, maar ek kan nie dink dat hierdie mense nog kan lewe nie. Jy kan onmoontlik so lank sonder kos en water leef. Ons almal hoop op goeie nuus maar mens moet seker realisties ook wees.

jemma ·

Glo hierdie mense is lankal oorlede..al amper 14 dae sonder kos water en ja die belangrikste..suurstof.Hulle sou ook seker kritieke beserings met die 80 m val opgedoen het.My hart breek in stukke vir hierdie mense want niemand verdien dit nie.

alida ·

Dit sal ‘n bo menslike wonder wees indien hulle nog leef. Mens hoop maar, maar met die uiterste hitte sonder kos en water is mens maar skepties. Hopenlik kry die familie afsluiting indien hulle gevind word. Sterkte.

DPJ ·

Ai ai en ander lesers dit is nie die manier om mense te vertroos nie. Mense by mense is dinge onmoontlid maar by God is alle dinge MOONTLIK. Ek wil nie hiermee te kenne die myner lewe nie.

patricia ·

Hoekom word dit nou gestop. Hulle het dan gese hulle hoor hulle vanoggend nog. Oor twee weke is hulle dood. Is daar nie n ander plan om by hulle uit tekom nie. Ek verstaan regtig nie as hulle gehoor word hoe los jy dan iemand om net te sterf. Hulle is al kla baie swak en baklei om aan die lewe te bly en JESUS help hulle daar binne. Liewe HEER gee asb die redings werkers n ander uitkoms om daai mense te red. Ek smeek dit van die FADER,SEUN en HEILIGE GEES. HEER lei hulle na n uitkoms. Amen

LEES HIER ·

Daar moet eers n roete uit geboor word vir reddings werkers anders kan die redding hulle dood veroorsaak.

elizabeth ·

vandat die houer geval het dink ek gedurig aan die drie vasgekeerdes en hulle families. mag hulle berusting vind. Dit moet bitter swaar wees vir almal betrokke

charlene ·

Goeie genade het hulle gedink voor hulle die besluit gemaak het??!!! fine ek verstaan dis nog gevaarlik maar weet hulle dis mense daar onder wat reeds 2 weke daar is wat nie nog 2 weke gaan kan oorleef nie, ons het water kos en suurstof nodig om te oorleef!!!!
Nee Nee Nee!!!!! Hoekom hulle daar los om so wreed om te kom, dis nie reg nie. Ek is jammer maar dis duidelik ek weet NIKS van myn-wese af nie maar ek volg die storie van die begin af en van die begin af huil ek elke keer hieroor, maar dis omdat ek nie kan verstaan hoe los hulle die mense net daar nie, dis mense, vlees en bloed. Die een het `n baba van 18 maande!!! Hoe los julle hulle net daar daar moet tog iets wees wat julle kan doen sonder om net te wag????

celeste ·

Buiten die feit dat die drie mense nie kos of water het nie dink ek nie hulle kan solank sonder suurstof leef nie. Ons bid vir hulle en hoop hulle gaan gered word.

Testertjie ·

Ek wat aan engtevrees lui, dink dit moes vir die 3 in daardie skeepshouer vreeslik wees om nie suurstof te kry nie. Innige simpatie met die familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.