Lily-myn: Reddingspoging nog nie hervat

'n Lugfoto van die ineenstorting op 5 Februarie 2016 van Vantage Goldfields se Lily-myn. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

‘n Lugfoto van die ineenstorting op 5 Februarie 2016 van Vantage Goldfields se Lily-myn. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

Pogings om ʼn sekondêre skag by Vantage Goldfields se Lily-myn naby Barberton te sak is op koers, het die departement van minerale hulpbronne gesê.

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, het die myn besoek om terugvoer te kry van die mynbestuur. “Soos voorheen genoem is, sal die reddingspoging vermoedelik oor so twee weke hervat word,” het hy gesê. “Wanneer die nodige diepte geboor is, sal daar begin werk word om die area te stabiliseer waarna die reddingspoging kan voortgaan.”

Volgens die departement sal die spanne wat deel is van die reddingpoging die nodige opleiding ondergaan, insluitende gesondheids- en fiksheidstoetse, om te verseker hulle is gereed sodra die area veilig verklaar is.

Yvonne Mnisi, Pretty Mabuza en Solomon Nyarenda is al van 5 Februarie ondergrond vasgekeer ná ʼn gedeeltelike ineenstorting by die myn. Die skeepshouer waarin die drie was, het in ʼn sinkgat geval ná die ineenstorting.

Volgens die departement word die drie se families op hoogte gehou van die jongste verwikkelinge. Hulle ontvang ook berading en ander ondersteuning.

Lees alle vorige berigte oor Lily-myn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter dp ·

Nie meer n redings poging nie. Sekerlik nou n herwinning.

vicky ·

Ek stem saam. Dis so hartseer, maar ek glo nie daai mense kan nog lewe nie.

Elgeraine ·

Absoluut tragies! Kan nie die ‘voete sleep’ houding verstaan nie? My hart gaan uit na hierdie gesinne.

Sputnik ·

Ag nee Elgeraine, weereens beklemtoon jy die uitdrukking “Die beste stuurman staan aan wal”. Wat laat jou vir ‘n oomblik dink die mense sleep voete? Daar’s 80 m los gruis bo die houerbak. Wat dink jy moet die reddingswerkers doen – daar instorm en self verongeluk? Ek is geen mynwerker nie, maar realisties en kan dink. Asseblief!

Elgeraine ·

Ek erken ek is geen ekspert en weet waarskynlik niks van die situasie nie Sputnik, maar ek dink tog, vir daardie betrokke gesinne voel dit soos n ewigheid, en hoop hul dalk die reddingspanne kon vinniger werk, ek bedoel niks sleg met my kommentaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.