Lily-myn: Soektog na myners se oorskot hervat

‘n Lugfoto van die ineenstorting op 5 Februarie 2016 van Vantage Goldfields se Lily-myn. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

Die soektog na drie myners wat in Februarie 2016 ondergronds vasgekeer is in die Lily-myn in Barberton, Mpumalanga, word in September voortgesit.

Die drie mynwerkers, Pretty Nkambule, Solomon Nyerende en Yvonne Mnisi, is in ‘n skeepshouer vasgekeer toe ‘n storting plaasgevind het.

Rob Devereux, Lily-myn se sakereddingspraktisyn, het aan African News Agency gesê die maatskappy het uiteindelik befondsing van die Kanadese maatskappy Galane Gold verseker.

Devereux het gesê reddingswerkers  moet verskeie stappe volg om die oorskot van die werkers na die oppervlak te bring.

Volgens Devereux het Lily nog nie die fondse van Galane Gold ontvang nie omdat hulle nog deur prosesse gaan en kontrakte teken.

Reddingspogings is destyds kort ná die voorval van stapel gestuur, maar is later gestaak omdat die myn onveilig verklaar is. Lily-mynwerkers het sedert die voorval vrywillige pakkette geneem en die maatskappy verlaat. Devereux het Donderdag gesê die myn het nog steeds nie vir ander werkers hul uitstaande lone vir April en Mei 2016 betaal nie.

Devereux meen die geld van Galane Gold sal gebruik word om werkers te betaal en die myn weer in werking te stel sodra die reddingspoging verby is.

“Sodra ons die geld ontvang, sal ons die mense betaal en hulle sal dan weer begin werk. Ons sal ook voorkeur gee aan huidige werkers wanneer die mynbedrywighede weer begin,” het hy gesê.

Thabo Mokoena, Cosatu se provinsiale sekretaris, het gesê die vakbondfederasie is nie bewus van die feit dat Lily-myn geld by ʼn maatskappy verseker het nie. Hy het ook bevestig die departement van minerale hulpbronne het R200 000 aan elke slagoffer se familie betaal soos verlede jaar belowe is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Koos1 ·

Sonder om onsesitief te wees, die R200 000.00 is nie deur die departement van minerale hulpbronne betaal nie. Dit is DEUR hulle oorbetaal, die geld kom van die belasting betaler af!

Cherokee ·

Daar is niks sensueel aan die korrigering van verkeerdelike inligting nie. Dit klink egter snaaks want behalwe daarvoor dat die belastingbetaler nie daardie geld verskuldig was nie maar Galane Gold wel, behoort Kanadese dollars in ruil vir rommel status rande, redelik maklik betaalbaar gewees het. Verduidelik waarom jy sê dat SARS daarvoor betaal het want jy kan nie sommer bewerings maak sonder bewyse nie. Indien jy nie jou bewering staaf nie, hoef dit nie aanvaar te word nie.

Ontsteld ·

Ontsteld soos wat ek is oor die rassistiese slange se aanmerkings aangaande die gebeure in Kaapstad en Knysna net so teenoorgesteld is ek as Christen oor die ramp wat hierdie myn getref het. Mag familie uiteindelik berusting kry alhoewel ek wat ook op/in ‘n myn gewerk het die herwinning van die slagoffers as uiters gevaarlik beskou.

Deon ·

Daardie skeepshouer sal so plat soos n pannekoek wees. Dink net aan al die tonne rots en grond wat bo-op dit geval het. Ek dink dit is soos om met n kar oor n leë koeldrankblikkie te ry. En bestuur MOES dit geweet het maar het die naasbestaandes nog vir weke laat hoop op niks. Ek dink dit was baie wreed.

Reti ·

Wat ‘n mors van geld. Hulle wéét mos waars hul mense. Soos die Coalbrookongeluk kan hulle gedenksteen vir mense wat reeds begrawe is opsit. Dis hartseer maar iewers moet mens maar opgee.

Ontsteld ·

Reti, dit gaan hier oor kultuur. Vir ons is dit moeilik om te verstaan maar vir sekere kulture kan daar slegs afsluiting kom met die herwinning van die liggaam en wat daarop volg (begrawe). Daarom is een van ons grootste probleme dat ons kultuurgewyse asook andersins mekaar nie (altyd) korrek verstaan en word dit baie maklik verkeerd vertolk en eindig in goed soos byv. rassisme. Indien jy in hierdie omstandigheid beland is dit beter om eerder vrae te vra aan die betrokkenes as om self ‘n besluit te wil neem.

Cherokee ·

Reti en Ontsteld, klomp, klomp jare gelede het ‘n Oosthuizen gesin in hul huis weggeraak. Ingesluk deur die aarde. Vaagweg is daar ‘n klokkie wat lui en sê dat ‘n bediende saam met hulle verslind is in die aardpoel. Ek was later daar waar dit gebeur het. Meer as een keer. Want dit was naby Homecity. Nie ver van waar ek groot geword het en enkele kilos daarvandaan gewoon het, nie. Dit was Hometown.
Die mynmaatskappy wat in beheer van alles soos in àlles was, het ‘n gedenksteen laat oprig waaronder ‘n hele huis met agtergeblewenes gebly het en hul gedenksteen lui dat ‘God hulle ter aarde bestel het’ ( eie vertaling). Dit was so aanvaar en dit is sinvol.

Leeann ·

Cherokee dit is waar. Dit is ook so op die bordjie vermeld. Daar was nooit demands om haar liggaam te herwin nie

Ontsteld ·

Leeann en Cherokee, neem in ag dat ná 1994 het dinge heelwat verander. Ek neem aan julle sal verstaan wat ek bedoel.

SARIE VAN HEERDEN ·

Cherokee , Jy is reg oor die Oosthuizengesin wat oornag by Carlentonville in ‘n sinkgat verdwyn het saam met hul bediende en troeteldiere. Hul broer wat nou die dag dood is, was my swaer se bure en vriende op Parys OVS, en die broer het vertel dat hy vir die mynowerhede gese het: “Gooi die gat toe en sit ‘n steentjie op” wat hul toe wel gedoen het. Verder is dit so dat mense se kultuur sekere dinge voorskryf maar dan moet jy SELF betaal vir jou kultuurvoorkeure. Ons moet reeds vir ALLES betaal en die koei is droog gemelk.

Ontsteld ·

Terwyl ons nou besig is met sinkgate. Tussen Casseldale/Strubenvale en die ou gedeelte van Springs is daar ook ‘n oop stuk grond. Op 21 Maart 1907 het hier ook huise in ‘n sinkgat verdwyn. Hier het die sewejaaroue ROBIN TIBBOTT ook sy lewe verloor. Daar is ‘n monumentjie opgerig by GPS: S26 15.201 E28 27.305. Robin se moeder, baba en twee boeties kon ure later gered word maar nie Robin (die oudste) van die kinders.

SARIE VAN HEERDENS ·

Ja, terwyl ons besig is met sinkgate: 2 weke gelede het ‘n sinkgat ontstaan by Jeanlaan, Centurion so groot soos ‘n rugbyveld MAAR bo-op die grond is alles glo nog reg. Die gat is “ondergronds”. Ek het dit nog nie self gesien nie , net in die koerant daarvan gelees en gehoor wat mense vertel wat daar naby woon. Die Gautrein loop ook oor Jeanlaan en wonder ek hoe affekteer die vinnige trein die moontlikheid dat die “gat” sal inval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.