Lily-myn: Solidariteit vergader met mynbestuur

Argieffoto

Argieffoto

Solidariteit het Donderdag gesê hy sal vertroulike inligting oor die oorsaak van die Lily-mynramp slegs aan die departement van minerale hulpbronne (DMR) en die bestuur van die myn bekendmaak.

Dit volg nadat die vakbond Donderdag met die waarnemende direkteur-generaal van die DMR, David Msiza, en die bestuur van die Lily-myn oor die oorsake van die mynramp vergader het. Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, het die vakbond weens die sensitiewe aard van die inligting wat tans in sy besit is en die kritieke fase waarin die ondersoek na die oorsaak van die mynramp is, besluit om die inligting tot sy beskikking slegs aan die DMR en bestuur van die myn bekend te maak.

“Ons het besluit om die inligting eers as vertroulik te hanteer aangesien dit noodsaaklik is ten opsigte van die ondersoek. Ons wil sodoende ook verhoed dat die myn sy deure moet sluit en dat honderde werkers hul werk kwyt is,” het Du Plessis gesê.

“Die veiligheid van ons lede en die werknemers van die myn is nietemin ons eerste prioriteit. Intussen sal ons ook die bestuur van die myn met die soektog na die vasgekeerde mynwerkers bystaan sodat afsluiting vir hul familielede bewerkstellig kan word.”

Solidariteit het aanvanklik Woensdag gesê dat hy vertroulike inligting oor die oorsaak van die ineenstorting by die Lily-myn Donderdagoggend tydens ʼn mediakonferensie sou bekendmaak. Die vakbond het egter Woensdagaand die konferensie afgestel en gesê daar sal eers met die DMR en mynbestuur vergader word.

“Indien ons vandag vertroulike inligting rakende die oorsaak van die ramp bekendgemaak het, sou dit die ondersoek na die vasgekeerde werkers verder vertraag het,” het Du Plessis gesê. “Solidariteit gaan sy bystand verleen in die verhoorondersoek na die oorsaak van die insinking van die myn. Dit behels onder meer dat die vakbond die vertroulike inligting rakende die oorsaak van die ramp wat tans in sy besit is tydens die ondersoek sal bekendmaak.”

Du Plessis het gesê Solidariteit het ook die bestuur van die myn gemaan dat geen persoon wat verdere relevante inligting vir die doel van die ondersoek wil bekendmaak, geïntimideer sal word nie.

Hy het benadruk dat die spanning en konflik tussen Solidariteit en die mynbestuur voorkom kon gewees het as die mynbestuur sedert die ineenstorting van die myn die vakbond as strategiese rolspeler te midde van die krisis erken het. “Dit het die verhouding tussen Solidariteit en die mynbestuur gestrem. Die verhouding is egter tydens vanoggend se gesprekke herstel en daar is op voorskrifte rakende toekomstige kommunikasie en gesprekvoering ooreengekom,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Faan ·

Soos verwag ….Gogga maak vir baba bang. Solidariteit het vooraf geweet dat gister se persverklaring dat hulle vandag tydens n mediakonferensie die ware oorsake van die mynramp bekend sou maak nie gaan realiseer nie. Julle taktiek het skynbaar gewerk om die myn na julle te laat luister en met julle te praat “Great show” maar wat nou? Nou is julle oortuig om die families te offer wat klaar verloor het tenkoste om die ander wat oorbly te red. Onthou nou net om nie nou op te hou stoomroller om by die waarheid uit te kom nie want daar is derduisende wat nog op ander myne werk met / in soortgelyke omstandighede

Juran ·

Beste Faan. Dankie vir jou boodskap. Ons het al op die vorige plasing van jou ‘n antwoord rakende die situasie verskaf. Sien soortgelyke antwoord:
Nadat die departement van minerale bronne ingelig is oor die inhoud van ons onthulling, het hulle op hoogste vlak versoek dat ons die inligting nie openbaar maak nie, want dit sal hulle noodsaak om die myn onmiddellik te sluit hangende ‘n ondersoek – wat beteken 700 werkers verloor onmiddellik hulle werk en die vraghouer met drie werkers in, kan nie herwin word nie. Dit terwyl die myn in elk geval nie operasioneel is nie, maar werkers nog betaal word en die reddingskag wat gesink moet word slegs vir eenmalige herwinning van die vraghouer gebruik sal word en minimale risiko bied aan reddingswerkers. Sodoende is beide die DMR en mynbestuur met die inligting voorsien, maar dit vertroulik gehou word totdat die ondersoekverhoor begin. Moenie huiwer om ons te kontak vir enige iets verder nie. [email protected].
Juran van den Heever: Solidariteit Bestuurder: Nuus, inhoud en sosiale media

danie ·

Ek wil nie lelik weesnie maar die tipe taktiek hoort op die speel grond, ek gaan vir jou ma se taktiek, nee ek het meer verwag van die kerels en hulle manskappe.

Jaco Grobler ·

Ja-nee, as dinge agter geslote deure gebeur kan jy maar weet die rook trek. Stem nie saam met Solidariteid se taktiek nie, maar daar is sekerlik ‘n goeie rede daarvoor. Wat vir my baie snaaks is dat Solidariteit aan die DMR inligting oorhandig, die DMR is die ‘opperste gesag’ in die geval, hoe op aarde kan ‘n burgerregte organisasie, met beperkte toegang tot die werke en personeel, inligting bekend maak aan die DMR, wat veronderstel is om ‘n deurdagte intensiewe ondersoek te loods en bestuur, terwyl hulle volle toegang tot die werke, werknemers, dokumente en rekords het?

Juran ·

Beste Jaco. Dankie vir jou boodskap. Solidariteit is nie die burgerregte organisasie nie, maar wel ‘n vakbond in die mynbedryf wat lede ook verteenwoordig. Hiermee dan weer agtergrond:
Nadat die departement van minerale bronne ingelig is oor die inhoud van ons onthulling, het hulle op hoogste vlak versoek dat ons die inligting nie openbaar maak nie, want dit sal hulle noodsaak om die myn onmiddellik te sluit hangende ‘n ondersoek – wat beteken 700 werkers verloor onmiddellik hulle werk en die vraghouer met drie werkers in, kan nie herwin word nie. Dit terwyl die myn in elk geval nie operasioneel is nie, maar werkers nog betaal word en die reddingskag wat gesink moet word slegs vir eenmalige herwinning van die vraghouer gebruik sal word en minimale risiko bied aan reddingswerkers. Sodoende is beide die DMR en mynbestuur met die inligting voorsien, maar dit vertroulik gehou word totdat die ondersoekverhoor begin.

Solidariteit se primêre rol is om werk te beskerm en deur hierdie besluit te neem beskerm ons 700 mense se werk.
Juran van den Heever, Solidariteit bestuur: Nuus, inhoud en sosiale media

Henri ·

Ons as burgers van hierdie verongelukte land waarmee solidariteit gehelp het, om te vernietig, is geregtig om te weet wat die eintlike redes is wat by die myn gebeur het. Stilswye oor skelm streke en ander moet uit, hoekom dit geheim hou, wat is jul en die korrupte staat se aandeel in sogenaamde ongeluk. Kom uit daarmee.

Juran ·

Beste Henri. Dankie vir jou boodskap. Ons kan jou waarborg dat hier nie stilswye of skelmstreke ter sprake is nie. Nadat die departement van minerale bronne ingelig is oor die inhoud van ons onthulling, het hulle op hoogste vlak versoek dat ons die inligting nie openbaar maak nie, want dit sal hulle noodsaak om die myn onmiddellik te sluit hangende ‘n ondersoek – wat beteken 700 werkers verloor onmiddellik hulle werk en die vraghouer met drie werkers in, kan nie herwin word nie. Dit terwyl die myn in elk geval nie operasioneel is nie, maar werkers nog betaal word en die reddingskag wat gesink moet word slegs vir eenmalige herwinning van die vraghouer gebruik sal word en minimale risiko bied aan reddingswerkers. Sodoende is beide die DMR en mynbestuur met die inligting voorsien, maar dit vertroulik gehou word totdat die ondersoekverhoor begin.

Solidariteit se primêre rol is om werk te beskerm en deur hierdie besluit te neem beskerm ons 700 mense se werk.
Juran van den Heever, Solidariteit bestuur: Nuus, inhoud en sosiale media

Anti-Solidariteit ·

Ek het ‘n groot issue met Solidariteit se taktiek maar ook met die wyse wat hulle hulle lede bystaan. My man werk vir ‘n groot maatskappy en was 2 jaar lid van solidariteit. In daardie twee jaar kon hulle nie een keer hom bystaan met enige issue nie. Die feit dat daar net 37 solidariteit lede is in die company kon hulle hulle nie bystaan met jaarslikse verhoogings of labour issues nie….maar daardie 37 lede het solidariteit betaal en betaal en betaal vir niks!!! En nou fail hulle die lede van die lilly myn ook omdat die mynbestuur ‘n paar mooi woorde…dalk ‘n paar mooi rande na hulle kant toe gegooi het. Nee wat…my man het toe absoluut teen sy wil NUM toe oorgeskuif maar wat NUM al vermag het vir sy lede is skrikwekkend!

Juran ·

Beste mnr/mev. Dankie vir die boodskap. Indien daar enige ongelukkigheid is kan u dit aanstuur na [email protected]. Nadat die departement van minerale bronne ingelig is oor die inhoud van ons onthulling, het hulle op hoogste vlak versoek dat ons die inligting nie openbaar maak nie, want dit sal hulle noodsaak om die myn onmiddellik te sluit hangende ‘n ondersoek – wat beteken 700 werkers verloor onmiddellik hulle werk en die vraghouer met drie werkers in, kan nie herwin word nie. Dit terwyl die myn in elk geval nie operasioneel is nie, maar werkers nog betaal word en die reddingskag wat gesink moet word slegs vir eenmalige herwinning van die vraghouer gebruik sal word en minimale risiko bied aan reddingswerkers. Sodoende is beide die DMR en mynbestuur met die inligting voorsien, maar dit vertroulik gehou word totdat die ondersoekverhoor begin. Indien u enige vrae verder moet u nie huiwer om ons te kontak nie. Lekker dag verder.
Juran van den Heever: Solidariteit Bestuurder: Nuus, inhoud en sosiale media

Tiger ·

Geagte Juran van den Heever,dis duidelik baie mense weet min of niks van onderhandelinge nie.My man is afgetree en nie lid van julle nie so ek “skerm” nie vir SOLIDARITEIT nie .Al wat ek wil se is hou so aan.Julle tree korek op .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.