Lily-myn: Vergoeding aangebied vir mynwerkers

'n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

‘n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

Vantage Goldfields het R200 000 aangebied aan elk van die drie mynwerkers wat steeds in die Lily-myn in Barberton, Mpumalanga, vasgekeer is.

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, het Saterdag aan verslaggewers buite die myn gesê die drie vasgekeerde mynwerkers en die meer as 70 werkers wat veilig uit die myn gered is, sal vergoeding ontvang.

“Ek het met die mynbestuur gepraat. Die vergoeding kom spesifiek van hulle af,” het Zwane gesê. “Na ons gesprek het ons saamgestem dat ons na ons werkers moet omsien. Hierdie mense werk eintlik vir ons almal. Ons het ooreengekom dat elk van die werkers wat oorleef het, R50 000 sal ontvang en die drie werkers wat steeds ondergrond vasgekeer is, sal elk R200 000 ontvang,” het hy gesê.

Hy het gesê die maatskappy was “onbaatsugtig” tydens die onderhandelinge.

Zwane het ʼn beroep op mense gedoen om niemand te blameer nie en eerder op die reddingspoging te fokus. “Die ondersoek na die oorsaak van die ramp sal hanteer word wanneer ons ons hoofdoelwit bereik het – om die mense uit hierdie ramp te red,” het hy gesê. “Ek verseker mense ons sal geen steen onaangeroer laat om die saak te hanteer wanneer die tyd reg is nie.”

Yvonne Mnisi, Pretty Mabuza en Solomon Nyarenda is al meer as week in ʼn skeepshouer onder die grond vasgekeer nadat ʼn gedeelte naby die ingang van die myn verlede Vrydag ineengestort het. Reddingsaksies moes Saterdagoggend gestaak word na ʼn tweede ineenstorting omstreeks 05:00 in die myn plaasgevind het.

Zwane het mense ook versoek om nie te bespiegel daaroor of die vasgekeerde mynwerkers nog lewe of nie. “Ons praat hier van mense se lewens en ek dink ons moet versigtig wees oor wat ons sê. Hierdie mense se families sit hier en hulle het baie hoop. Ons moet hierdie families bystaan en bid vir ʼn wonderwerk dat hierdie mense lewend na die oppervlak gebring sal word,” het hy gesê.

“Soos die dae en die week aangaan, is ek seker ons sal saam die nodige besluit neem. Vir nou vra ek dat ons nie die situasie vooruitloop nie. Kom ons ondersteun die families en bly hoop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ingrid ·

Nee wag. Julle betaal hulle so baie geld om stil te bly oor wat rerig aan gegaan het. Julle is bang hulle vertel die waarheid.

Anton ·

Ai Ingrid, weet jy iets wat ons noe weet nie? Weet jy darem wat is ñ kernpilaar?

Ben (:-) ·

Ek dink hierdie hele berig is verkeerd – sak more weer kyk….

DPJ ·

Hoe weet Ingrird so baie werk sy ook vir die myn?
Óf veralgemeen sy sommer en laat ander lesers onder die indruk bring sy WEET ALLES?

Dee ·

Het Ingrid (jy weet nie eens hoe om haar naam te skryf) werklik voorgegee dat sy meer inligting het, of is jy besig met valse bewerungs, DPJ?

Mari ·

Hoekom word daar nou geld aangebied vir die families van die mense wat na ‘n week nog nie gered is nie. Magtig man. Is SA regtig so onbevoeg om nie eers die nodige hulpbronne te he om mense uit te grawe nie?

Lindi ·

Dit gaan nie oor die nodige hulpbronne nie. Die Protospanne word baie goed opgelei en hul het al die nodige toerusting en hulpbronne. Dis ondergronds. Als wat langs daai container was is saam met die container af, en bo op hom het ook rotse en als geval. Hulle kan nie te vinnig werk nie, hul weet nie hoe stabiel is die omgewing nie. Die geringste verkeerde skuif en als kan inmekaar val, en dan is die reddingswerkers ook vasgekeer daar onder. Daar was reeds n 2de instorting gewees. Die mense doen alles wat hul kan. Bid eerder vir die 3 wat vasgekeer is en hul families, asook die reddingswerkers én hul families ook. Dis n gevaarlike werk wat hul daar mee besig is.

Christo ·

Ek kan nie glo dat bestuur sal dink dat dit Alles sal reg maak nie.
Ek as n mynwerker weet dat daar meer agter die storie is…. Hopelik sal die inspektoraat mooi na al die planne en feite gaan kyk….Dis tog mense wat saam met ander mense werk en wat mekaar ken…

Chris W ·

Mense wat NIE ondergrond in ‘n myn gewerk het nie moet hulle liewer weerhou van kommentaar hier want hulle slaan net hul naam met ‘n plank.Reddings werk in ‘n myn is die gevaarlikste werk wat daar is.Kom ons bid eerder vir die protomanne want hulle het dit baie nodig en bid dan ook vir die 3 vasgekeerdes want tyd loop uit vir hulle.

Rose ·

Ek glo daai mense doen als om hulle te kry lewend of dood. Ek weet nie hoekom is daar altyd mense wat dink daar is a verskuilede agenda agter als nie. Dit is a baie hartseer storie en ek voel bitter jammer vir die familie wat in afwagting om van hul geliefdes te hoor.

Hein van Zyl ·

Die minister het deur middel van ñ artikel 54 die bestuur instruksie gegee om onmiddelik geld aan die werkers te belowe. Niks te doen daardie om mense stil te hou nie

tinah ·

soveel kenners!!! maak gereed, pak! laat julle gaan, gaan run die myn! ingrid, jy is tannie Angela, gaan snuffel jy die geheime uit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.