Lily-myn: ‘Vergoeding is te min’

Foto: http://www.vantagegoldfields.com/

Foto: http://www.vantagegoldfields.com/

Die National Union of Mineworkers (NUM) het Sondag gesê die vergoeding aan die mynwerkers betrokke by die ineenstorting van die Lily-myn in Barberton, Mpumalanga, is te min.

Erick Gcilitshana, NUM se sekretaris van gesondheid en veiligheid, het gesê Vantage Goldfields se geldelike aanbod aan die mynwerkers wat reeds gered en die drie mynwerkers wat steeds vasgekeer is, is nie genoeg om te vergoed vir die “pyn en lyding” wat hulle moet deurgaan nie.

Vantage Goldfields het Saterdag gesê elk van die meer as 70 werkers wat die ineenstorting by die myn oorleef het, sal R50 000 ontvang. Die drie werkers wat steeds ondergronds vasgekeer is, sal elk R200 000 ontvang. Yvonne Mnisi, Pretty Mabuza en Solomon Nyarenda is steeds nie uit die skeepshouer onder die grond gered waar hulle vasgekeer is sedert ʼn gedeelte naby die ingang van die myn verlede Vrydag ineengestort het nie.

“[Die vergoeding] is ʼn goeie inisiatief van die maatskappy en die departement van minerale hulpbronne, maar die geld is nie genoeg om die families en mynwerkers te vergoed vir die pyn en lyding wat hulle tans moet deurgaan nie,” het Gcilitshana gesê.

“Die NUM meen dat die finansiële vergoeding nie net by die Lily-myn in werking gestel moet word nie, want beserings en sterftes gebeur in die mynbedryf as geheel. Dit moenie ʼn eenmalige inisiatief by Vantage Goldfields Lily-myn wees nie.”

Gcilitshana het gesê die NUM is baie besorg oor die “groot aantal mynwerkers wat ondergronds vasgekeer en/of beseer word of sterf”. Hy het ʼn beroep op alle mynmaatskappye en die departement van hulpbronne gedoen om alle mynwerkers of hul families te vergoed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Bella ·

Vir wat? Eis maar van Morkmen’s Compensation soos die res van ons gewone werkendes!

Johann Marx ·

Ja. Natuurlik. Elkeen van 70 werkers (wat aansoek gedoen het om in die myn te werk, en nie deur die bestuur van die myn GEDWING is om daar te werk nie) moet nou seker elkeen R754 miljoen kry vir pyn en lyding….totdat die myn sy deure sluit, en AL die werkers sonder werk sit en krepeer…..ek kan Afrika nie verstaan nie, en om die waarheid te sê, stel ek ook nie eintlik meer belang nie. Ek is Afrika versadig…

jemma ·

Glo regtig die kans is bitterlik skraal dat hulle nog enigsins kan leef. Dink ook hulle het sekerlik kritieke beserings van die val opgedoen.

Elizabeth ·

Agv swak bestuur van my land ondergaan ek elke dag pyn en lyding maar niemand vergoed my daarvoor nie.

frans ·

Da kom di strickes en demands sluit die myn en betal af moeti n dag langer wag ni hul sal dai myn ok op sy knee nou buig

DPJ ·

Johann, ek stem saam. Frans ek glo dit gaan die eenigste oplosing wees.
Mense sal seker onwetig begin myn maar dan is hulle heel in hul skik, meer ongevalle.

MCS ·

Janee, dit hoekom die land in sy in is! Werkers wil nou die myn uitsuig vir wat? Vir n ongeluk wat n frats is! Hulle kry mos geld vir niks doen! Ons het maar net nie die mentaliteit nie!

Braam ·

En waarvoor is NUM nou die segspersone vir die werkers?AMCU is hul verteenwoordigende vakbond. Hul bydrae nou is nul!

Willem ·

Die geldelike aanbieding klink vir my na ‘n bilaterale ooreenkoms, dat niemand vervolg sal word, na die afhandeling van die “inquiry” deur die Inspektoraat nie.

veritas ·

Ek dink die mynbestuur se aanbod behoort met dank aanvaar te word. Indien die myn alle veiligheidsvereistes nagekom het, staan hulle nie onder enige verpligting om slagoffers, van die ongeluk, te vergoed nie. Ek glo die R200 000 is bo en behalwe dit wat deur verpligte versekering uit betaal sal word.

Pieter.v ·

As die myn nie veilig was, moes die die myn inspekteurs die myn gesluit het tot die myn weer aan veiligheids standaarde voldoen ,hier moet gekyk word na die inspekteurs se ondervinding en kwalifikasies ,voor 1994 was alle myn inspekteurs gegradueerdes myn bestuurdes en engineurs wat nie meer die geval is nie.

Willem ·

In Augustus 1964, sterf die Oosthuisen gesin, saam met hulle bediende, nadat hul huis deur ‘n sinkgat verswelg is, in Blyvooruitsig naby Carletonville. Dit was egter in ‘n dolomietiese area. Die gedekteken lees: God het hulle self ter aarde bestel.

Aasvoel siekte ·

Die aasvoel siekte om te aas het klaar begin – sies man help eerder hierdie 3 mense red. Jul hoop seker dat eise eerste prioriteit word sodat jul vergoeding eerder as jul mense terughet kan ontvang. Verder is jul bereid om jul werk vir n jaar of 2 se gelde te verloor-absoluut belaglik – geen werk gaan jou hou of aanbeveel!

SNEL ·

Gee hulle die pinkie en die res is geskiedenis…. Ja-nee, asof die mynbou nie “suffer” deesdae nie, nou kyk hulle waar hulle nog kan tap. Met al die druk waaronder mynbou deesdae is, gaan nationalisering van myne net makliker kan geskied….seker wat hulle wil hê.

dook ·

geen woorde kan beskryf die trauma, vrees en lyding, wat die mense moes deurmaak nie, dink hoe moes die mense, in die skeeps houer, dood gegaan het, in donker ,sonder kos of water, met geen sin van tyd, of orientasie nie, jy raak aan die slaap, net om weer waker te skrik, in die donker. dink jou self dit in.

Armando ·

Ja, dook, dit moet verskriklikl wees, toegegee… maar het enigeiemand enigsins “skuld” daaraan?

Karma ·

“An act of God”, sal ek sê. Die resultaat van jare lank se gemyn en dalk myninspekteurs, soos Pieter.V. hierbo gesê het, wie se kwalifikasies of werkskwaliteit nie op standaard is nie. RIV aan die drie mense in daardie skeepshouer – hulle kan sekerlik nie meer leef nie. En sover die geld aangaan, moet die naasbestaandes nou nie die dam onder die eend se gat uitpluk nie. Die myn het GEEN verpligting (behalwe die normale wetlike vereistes) om enige vergoeding aan naasbestaandes uit te betaal in die geval van ‘n noodlottige mynongeluk nie. En die gruwelike vakbonde (‘n euwel!!!) kan ook maar hand in die sak steek: die mynwerkers het sekerlik aan AMCU behoort en maandeliks hul bydrae gemaak? Maar nou sal al wat aangetroude, buite-egtelike niggie-se-agterkleinkind van hierdie mynwerkers bakhand kom staan vir hul deel in die geldelike vergoeding.

Nana ·

Hier praat ek vir my self, dit is bitter jammer dat daar nou ook nog sink gate gebeur nie. Ek wil net se maak nie saak hoeveel daar uit betaal word nie geld kan nie ‘n lewe vervang nie. My skoonseun het so ‘n ongeluk gehad onder die myn 6 jaar terug en vandag wik en weeg hul om sy been te ampiteer waar hy seer gekry het, hy het al menigte operasies ondergaan met ‘n gesukkel dat dit moet betaal word vandag het hy asgevolg van die been se beseering wat nie wil genees nie ‘n virus opgetel toe hy vir die hoeveelste keer ‘n bloedklond deur die longe en hard gehad het hy teer by die dag uit. Nou dat hy na ‘n privaat internis gegaan het weir om enige toetse te betaal of vir operasie. Ek voel net die myn bedryf is absuliet pateties. Sterkte aan die famielies van die vasgekeerdes onder die meyn, en ek bid vir hulle sowel as daardie vasgekeerdes by God is niks onmoontlik nie maar dit is nie ons wil nie maar God se wil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.