Lily-myn: Verwarring oor vergoeding aan mynwerkers

Foto: http://www.vantagegoldfields.com/

Foto: http://www.vantagegoldfields.com/

ʼn Woordvoerder van die Lily-myn het Maandag gesê Vantage Goldfields sal ʼn rampverligtingsfonds vir mynwerkers op die been bring, kort nadat hy glo tydens ʼn radio-onderhoud gesê het die myn sal nie vergoeding aan die werkers betaal nie.

Daar was Maandag verwarring oor die voorheen beloofde vergoeding aan die mynwerkers, wat deel was van die rampspoedige ineenstorting by die myn, nadat Coetzee Zietsman, ʼn woordvoerder van die myn, tydens ʼn onderhoud op SAfm gesê het die myn het nie vergoeding vir die families van die mynwerkers aangebied nie.

“Die myn sal alles in sy vermoë doen om die regte ondersteuning aan die families te bied. Die aanbod [om vergoeding te betaal] het nie van die myn af gekom nie en geen geld is aan enigiemand betaal nie,” het Zietsman gesê.

Mosebenzi Zwane, die minister van minerale hulpbronne, het op 13 Februarie gesê Vantage Goldfields het aangebied om R50 000 aan elk van die 76 werkers wat oorleef het, te betaal en R200 000 elk aan die drie werkers wat steeds ondergrond vasgekeer is.

Zietsman het egter tydens die onderhoud gesê die departement moes vrae oor die vergoeding beantwoord, nie die myn nie.

Hy het later sy storie verander deur te sê die myn het belowe om die minister se beloftes na te kom na ʼn lang gesprek Maandag. “Ons kom pas uit ʼn vergadering met die departement en Amcu. Die myn sal die minister se belofte nakom. Ons wil dit duidelik stel dat hierdie nie vergoeding is nie. Betalings sal gedoen word deur middel van ʼn rampsverligtingsfonds. Daar word steeds bespreek hoeveel geld uitbetaal sal word,” het Zietsman gesê.

Intussen het Martin Madlala, ʼn woordvoerder van die departement van minerale hulpbronne, gesê hulle was nie daarvan bewus dat die myn nie vergoeding aan die werkers sal betaal nie. “Ons het nooit verstaan dat die myn nie vergoeding sal betaal nie. Die minister het gesê die vergoeding kom van die myn af,” het Madlala gesê.

Yvonne Mnisi, Pretty Mabuza en Solomon Nyarenda is sedert 5 Februarie onder grond en puin vasgekeer nadat ʼn gedeelte van die myn naby die ingang ineengestort het. Reddingsaksies moes Maandag tydelik stopgesit word nadat ʼn boormasjien wat gebruik word om ʼn ontsnappingsroete te boor, gebreek het kort nadat dit in gebruik geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

DPJ ·

Hoe kan enigeen namens ‘n mynbestuur beloftes maak en dan verwag die myn moet dit uitvoer.
Moet die myn al sy kapitaal aan die myners uitbetaal.

Chris W ·

Dis nou tipies van ‘n “minister” !Maak beloftes links en regs en iemand anders moet sy kastaiings uit die vuur krap vir hom.Die myn bevind hom nou in ‘n netelige posisie en sal maar betaal maar ek dink vorentoe kan daar dalk ‘n hof geding kom agv die “minister” se voorbarigheid.Hy wys hoe belaglik die hele anc regime eintlik is.

Andrè Du Plessis ·

Het gewag vir die een, minister maak beloftes en almal weet dit is leeg en eie moet die gelag betaal

charmaine ·

En wie betaal vir rampverligtingsfonds in Witbank?? Dit is n groter ramp as amper 1500 mense hulle werk verloor en die naweek hulle huisraad moes verkoop vir kos. Maar almal draai die koppe weg wat dit is blankes.

Chris W ·

Jy’t ‘n baie goeie punt beet Charmaine!!Ek id nie op hoogte van hoeveel werkers wat geraak word blankes is nie en hoeveel anders kleuriges is nie.Maar feit bly staan die regering skitter in hul afwesigheid by die tragedie!Maar dis tipies van die anc.Ek wens die mense wat geraak word alle sterkte toe.Ek myself indink hoe dit moet wees om sonder geld te sit.Is self ‘n pensioenaris wat maar noustrop trek deesdae!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.