Lily-myn werkers dalk eers teen Augustus bevry

Foto: http://www.vantagegoldfields.com/

Foto: http://www.vantagegoldfields.com/

Dit kan nog ses maande neem om die drie mynwerkers wat ondergronds by die Lily-myn in Mpumalanga vasgekeer is, te bevry omdat dit so ingewikkeld sal wees.

Mike McChesney, uitvoerende hoof van Vantage Goldfields, het Donderdag die media ingelig oor die lot van Yvonne Mnisi, Pretty Nkambule en Solomon Nyerende, die drie werkers wat ondergronds in ʼn skeepshouer vasgekeer is. Volgens McChesney kan dit tot ses maande neem om by die skeepshouer uit te kom.

Hy het gesê ʼn internasionaal-erkende geotegniese span het oor die afgelope twee weke die Lily-myn reddingspan gehelp en die enigste uitweg is om die skeepshouer uit ʼn nuwe ingangspunt na die myn te bereik. Die kundiges het glo aangedui ʼn nuwe ingang moet by stabiele grond, ver weg van die sinkgat gemaak word, om te verhoed dat enige verdere lewens in gevaar gestel word.

Volgens McChesney is hierdie uitweg die “beste en vinnigste” manier.

Mosebenzi Zwani, minister van minerale hulpbronne, het gesê nadat sy departement ook mynkenners geraadpleeg het, is hy tevrede dat hierdie uitweg die veiligste is en tot geen lewensverliese sal lei nie.

McChesney het bygevoeg hulle het oor die afgelope paar weke besef die voorval is groter en ingewikkelder as wat hulle aanvanklik gedink het. “Die voorval het skielik, sonder enige waarskuwing, gebeur. Ons het ʼn hele aantal universiteitsprofessors en die hoofde van die land se twee mynskole op die toneel gehad en beide was verbaas oor hoe ingewikkeld die probleem is,” het hy gesê.

Beide Zwane en McChesney het erken die hoop om die mynwerkers lewend te vind, het vervaag, aangesien dit reeds meer as ʼn maand is sedert die ingang na die Lily-myn ineengestort het.

Lees alle vorige berigte oor die Lily-myn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Wouter ·

Sit net n grafsteen op. Word die see uitgetap as n boot sink en hulle kry nie die lyke nie. Waarvoor al die geld spandeer? As dit my mense was sou ek dit gedoen het. Met alle respek gesê. RIP

wieliewapper ·

Wouter die kabouter jy is uiters onsensitief. Dankie tog ons is nie jou mense nie want jy gee op. As dit my mense was sou ek tot die uiterste gaan.
Gee eerder krediet dat hulle noe opgee nie

Wat-ek-lees ·

Stem saam met jou Wouter ALHOEWEL kultuur hier ‘n rol speel. Ekself het 25 jaar op/in ‘n myn gewerk en dis nie speletjies. Vorige kommentaar van my is afgeskiet maar dis presies waar gebeure nou staan.

Gesiggie ·

Dit is vreeslik… die Familie van die 3 mense is seker al Moedeloos gewag”’ Maar as daar geen ander manier is, en dit nie veilig is? hoe anders.. die wagtyd is ongelooflik lank, maar hierdie mense weet wat reg is. Ek kan nie wag vir die dag dat die 3 mense uitgehaal word, sodat hul Familie tot berusting kan kom… en die lewe kan aangaan… Sterkte aan elke Span wat hier betrokke is.. Ons weet jul probeer jul bes.

Zbc ·

Just call a spade a spade!!! Sê wat dit is – die mense is verseker nie meer lewend nie en steeds word daar so baie geld en tyd gemors om hulle (lewend) te vind en dit net omdat daar nie gesê mag word dat die mense dit nie gemaak het nie.

Dis baie hartseer vir die families, eks seker, maar daar word onnodig verwagtings geskep…….

m ·

Dis net logies dat hierdie mense nie meer lewe nie , jy het kos en water nodig om te oorleef. Mens voel ma net jammer vir die families want dit moet baie sleg wees vir hulle. Die hoop is ma altyd daar dat iemand lewend gevind sal word, as dit ek was sou ek ook gehoop het. Dit kan nie aangenaam wees om iemand op so manier te verloor nie.

jaco ·

As dié 3 mynwerkers wit was, kon ek nog die gesloer om hulle te red/bevry verstaan, maar hulle is al 3 swart. Het die mynbestuur zó min respek/omgee oor?

alida ·

Dit is verskriklik om net daaraan te dink hoe daardie arme mense gesterf het. Mens wonder nou maar net hoe veilig is die myn en vele ander myne as selfs die noodwerkers nie eers daar kan ingaan nie. Wonder maar net.

Chris W ·

Alida om jou vraag te beantwoord: GEEN myn is 100% veilig nie.Trouens dis een van die gevaarlikste plekke om in te werk.Ek was jare gelede 2,8km ondergrond in ‘n goudmyn toe daar ‘n skudding was,amper soos ‘n ligte aardbewing.Myners noem dit ‘n “BUMP”.Ek was in ‘n groot vervoer tonnel en die klippe het soos hael uit die dak uit geval.Waar hardloop jy heen?Ek het stil gestaan en gebid en was gelukkig nie deur ‘n klip getref nie.’n Klip so groot soos ‘n man se vuis breek jou nek as hy van 2meter bokant jou op jou helm val.Nee wat ‘n myn is nie ‘n kantoor nie.

xa ·

Om te praat van “bevry” oor soveel maande is belaglik en oneties want daar word nou regtig net absurd vervagtinge geskep. Niemand kan so lank oorleef sonder ventilasie, kos en veral water nie!

Gesiggie ·

Jaco… passop wat jy kweit raak? Rasisme is n groot ding.. en wat gebeur het met die 3 mense het niks met vel kleur te doen? hoe sou jy gevoel het as dit een van jou Familie lede was” en Zbc – geld kan geen lewe terug koop? dit gaan oor baie meer as net veiligheid? Hul is nie meer lewend, maar hul Familie wil ook net vir die laaste keer hul weer sien. En met n gemoedsrus begrawe.. So wees so bietjie simpatiek.

Theresa ·

Die mense wat nie die omstandigehede van n myn ken nie moet liewer stil bly. Geen my is veilig nie… Mense maak dit veilig. Die voorval het niemand beplan en was onverwags. Vel kleur is hier nie tersprake nie man. As julle n beter en vinniger manier gehad het Hoekom lewer julle nie dan kommentaar nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.