Lily-myn: ‘Werkers se salarisse vir April nog nie betaal’

Argieffoto

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit het vandag sy misnoeë uitgespreek met die feit dat die Lily-myn se werkers tot dusver nog net R650 van hul April-salarisse ontvang het. Dit volg nadat die werkers vanoggend begin staak het weens  die gemeenskap se ongelukkigheid oor die situasie en tweespalt binne sekere vakbonde.

Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, is hierdie skamele bedrag nie eers genoeg om die boetes te dek wat banke hef omdat debietorders weens onvoldoende fondse in werkers se bankrekenings nie kon deurgaan nie. “Die Lily-mynwerkers is nog steeds in die duister oor die betaling van hul April-salarisse. Afgesien van die grootskaalse onsekerheid begin die werkers nou ook ernstige geldnood ervaar en kan die meeste werkers dit nie meer bekostig om by die werk te kom nie,” het Du Plessis gesê.

“Solidariteit hou vanaand ʼn ledevergadering in Barberton om terugvoer aan ons lede te gee oor antwoorde wat verkry is op ʼn lys vrae wat Solidariteit namens ons lede aan die besigheidsreddingspraktisyn gestuur het oor die talle kwessies wat die werkers kwel. Solidariteit sal ook vanaand alle moontlike toekomstige opsies met sy lede bespreek omdat heelwat werknemers nou wil aansoek doen om aflegging sodat toegang tot werkloosheidversekeringsvoordele en hul pensioenfondsgeld verkry kan word om so hul finansiële druk te verlig. Solidariteit se Helpende Hand sal ook vanaand kospakkies aan Solidariteit-lede en hul gesinne uitdeel,” het Du Plessis gesê.

“Die besigheidsreddingspraktisyn van Lily-myn het in ʼn skrywe namens die werkers aan hul skuldeisers versoek om die werkers vir minstens 90 dae terwyl die besigheidsreddingsproses aan die gang is, met hul skuldbestuur by te staan,” het Du Plessis gesê.

Volgens Du Plessis vergader Solidariteit vanoggend met die besigheidsreddingspraktisyn om meer duidelikheid te kry oor die verkryging van lenings om salarisse te betaal, die beplanning om die liggame van die drie vermiste werkers te herwin en wyses waarop werkers by ander mynbouprojekte geakkommodeer kan word.

“Solidariteit doen weereens ʼn beroep op die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK), die hoofstroombanke en Vantage Goldfields se aandeelhouers om die besigheidsreddingspraktisyn van hulp te wees om die nodige befondsing te bewillig. Solidariteit doen ook ʼn beroep op die publiek om skenkings aan die Helpende Hand te maak ten bate van die Lily-mynwerkers,” het Du Plessis gesê.

Solidariteit Helpende Hand gaan Solidariteit-lede bystaan met kospakkies wat ’n gesin van vyf vir ongeveer twee weke kan onderhou. Om in die behoefte te voorsien is die kospakkies opgemaak uit 27 kilogram se nie-bederfbare items soos meel, sojabone en maalvleis, blikkieskos, suiker, tee en sout.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

m ·

Dis n skande dat hierdie mense nog nie salarisse gekry het nie. Wat gaan by hierdie myn aan. Wonder of die mynbestuur se salarisse ook weerhou word.

MM ·

Nee m hulle het gesorg dat hulle 1ste betaal word die res is seker tussen die ander verdeel. Hulle sal nooit sonder ‘n salaris kan klaar kom nie, maar die arme mywwerks moet.

Pendoring ·

Goeie vraag m. Wil Maroela se verslaggewers nie asb uitvind of die base by hierdie myn hul vol salarisse gekry het nie? Indien wel, hoekom?

Tersia ·

Hulle gee nie om nie. Die kommunikasie is ‘n groot probleem. Die verslaggewers moet asb vrae vra.

Anya News ·

Jy ka maar kyk alle companies wat oorgevat is vanaf 1994 waar die bestuur verander het na “regstellende aksie” het al sy alie gesien. Niks wat oorgevat is uir apartheidaera deyr nuwe regering, raak bankrot en kan lede nie bwtaal word nie……

Anya News ·

Ek bedoel elke company wat uit apartheisdjare op gebou is en oorgevat is deur nuwe regering is bankrot. Nog nie een oorgenneemde mpy is suksesvol nie. Kyk myne, poskantore, munisipaliteite. Elke ou bo trek nrt soveel pay soos hy wil omdat hy dink hys baas en geregtig op sy salaris terwyl werkers suffer….die eintlike harde werkers.

Anya News ·

Alle copm boor 1994 is nou almal so te se bankrot. Want hulle wat dit begin het, het dit met passie gedoen en uit nood. Nou word dit net oorgevat en niks word onderhou of in stant gehou nie. Wys my enige sukses storie. Die eintlike harde werkers hieronder suffer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.