Lily-mynramp: Agt maande sonder antwoorde

'n Lugfoto van die ineenstorting op 5 Februarie 2016 van Vantage Goldfields se Lily-myn. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

‘n Lugfoto van die ineenstorting op 5 Februarie 2016 van Vantage Goldfields se Lily-myn. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

Die families van die drie Lily-mynwerkers wat in Februarie in ʼn skeepshouer onder die grond vasgekeer is toe ʼn gedeelte van die myn ineengestort het, het agt maande ná die tragiese voorval steeds meer vrae as antwoorde.

Drie mynwerkers, Yvonne Mnisi, Pretty Mabuza en Solomon Nyarenda is in ʼn skeepshouer onder die grond vasgekeer toe ʼn gedeelte van die Lily-myn naby Baberton in Mpumalanga op 5 Februarie ineengestort het. Nog twee ineenstortings by ander dele van die myn het kort daarna gevolg. Vantage Goldfields, die eienaar van die myn, het gesê nagenoeg 90 werkers was ondergronds vasgekeer ná die ineenstortings.

Dié maatskappy wat Lily-myn intussen onder sake-administrasie gebring het, het daarna bevestig dat 87 werkers suksesvol na die oppervlak gebring is.

Ná talle pogings om by die skeepshouer uit te kom is bedrywighede by die myn tot op hede opgeskort omdat die grond as “onstabiel” verklaar is en daar nie genoeg geld was vir ʼn spesiale boor nie. Rob Devereux, Lily-myn se sakepraktisyn, het gesê alle werkers is nou by die Barbrook-myn in Mpumalanga werksaam en ander doen herwinningswerk om meer werksgeleenthede te skep.
Devereux het gesê daar word R200 miljoen benodig voordat die reddingspoging hervat kan word. Die geld sal gebruik word om ʼn tweede ingangspunt en ʼn ventilasieskag te boor. Dit word glo volgens regulasies vereis.

“Die minister van minerale hulpbronne, die mynbestuur en mynreddingsdienste het op 15 September vergader en ooreengekom dat daar nou ʼn moontlikheid is om ondergrond te gaan en die toestand van die myn te monitor,” het Devereux gesê.
Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, het in Maart gesê dat “ʼn klein span ondergronds was en bepaal het dat rotse steeds val en die grond nie stabiel genoeg is om die reddingspanne in te stuur nie”.

ʼn Kanadese maatskappy, AfroCan Resources Gold Limited, het in Junie onttrek uit die ooreenkoms nadat dié maatskappy ongeveer $11 miljoen sou belê in Vantage Goldfields om die boor van die tweede ingangspunt te fasiliteer.

Devereux het bygevoeg dat hulle ook na “ander opsies” gekyk het vir die reddingspoging, maar dat dit ook deur die mat geval het.
“Op 28 September het mynreddingsdienste en vakbonde ʼn kamera ondergronds gestuur en het hulle heelwat agteruitgang gesien. Ons het besluit dat dit onveilig sou wees om ondergronds te gaan. Ons kon nie eers met al die gevorderde tegnologie van die kamera die skeepshouer gewaar nie. Ons is gedurig in kontak met die families om hulle op hoogte te hou van die situasie.”

Zwane het vroeër gesê die departement sal R200 000 gee aan elk van die families van die vasgekeerdes en R50 000 aan elk van die myners wat oorleef het.

Verskeie vakbonde, onder meer Cosatu, het na die departement van minerale hulpbronne se kantore opgeruk om te eis dat daar meer van die regering se kant moet gedoen word om die probleme by die Lily-myn op te los.

Lees alle vorige berigte oor Lily-myn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Scalla ·

Kry n hele paar zama zamas om die werk te doen, hul ken die ondergrondse bedrywighede en werksaamhede. Kan ook obserweer van moontlike neerslae en ongewerkte stof neerslae in ruil vir die lyke, probleem opgelos.

Karen van Zyl ·

Dink jy nie dalk dat die zama zamas al lankal die kans sou gegryp het nie? Dit is te onveilig.

jaco ·

Ek sou so ‘n reaksie verwag het as die 3 slagoffers wit was. Dis verstommend hoe hierdie mense hulle eie mense, hulle rasgenote, behandel

charlene ·

Ek weet nie as almal dit besef nie maar julle weet dit was mense, mense soos ek en jy!!! Ja ek weet hulle is reeds dood ek kan sover dink maar as dit iemand van my was sou ek hulle lyk gesoek het – dis hoe ons as mense finaal afskeid neem. Ek ken nie een van daai mense nie en nie een van hulle families nie maar ek het so gehuil 8 maande oor die mense dood gaan van die honger en dors – toe sê my daddy vir my “hulle suurstof gaan voor dit opwees”….. dis tragies as `n mens aan hulle laaste oomblikke moet dink. Ek sou ook antwoorde wou hê.

Anoniem ·

Ja die is n baie hartseer saak…….Geen mens al is hy oorlede kan net so gelos word nie…Iewers moet daar tog n plan bymekaar gesit kan word om hul daar uit tekry. Hul families kan nie aflsuit en ek is seker baie van ons huil nog saam hul. Die was n wrede dood.

Piet Pompies ·

Soos in die meeste gevalle is hierdie ook ‘n voorbeeld waar werkers uitgebuit word ten koste van groot winste vir bestuur en aandeelhouers. Winsjag is groot in SA en hierdie winste word nie noodwendig met al die werkers gedeel. In hierdie geval weet ons van een van die bestuurders wat gewerk het by die myn toe die ongeluk gebeur het, na die ongeluk het hy bloot bedank en aan beweeg na ‘n ander werkgewer. Waar stop sy verantwoordelikheid?

cindy ·

nou waneer is hulle van plan om die mense wat oorleef het se geld te betaal wat aan hulle belowe is

Nita ·

Moet tog nie die rassekaart speel nie! Jare gelede by Blyvooruitzicht myn het n hele huisgesin, huis en al in n sinkgat verdwyn. Niemand was onnosel genoeg on hulle te probeer uitgrawe nie. N mooi gedenksteen is opgerig. O heng ja hulle was WIT!!!

Mynopmeter ·

So het ook die 7-jarige Robin Tibbott in 1907 by Springs in ‘n sinkgat verdwyn.
Monument se GPS is: S26 15.201 E28 27.305

silver de Lange ·

Eerste wil ek my innige simpatie meedeel aan die families en kolegas wat saam die mense werk.
My meet gevoel aan die bestuurspan en die mine rescue teams wat soveel ure ingesit het om enige hoop tel veseeker.
Nou my vrae…as die myn ñ ervare rock machanic gehad het kon so iets moonlik voorkom gewees het.
Geen dak val inmekaar nie….daar was waarskynlik iemand het nie sy werk gedoen nie , al was dit voorige bestuursgroepe.
Dit kon voorkom het al was daar reeds skade kan jy nog dakvalle keer as die bestuur iets vir veiligheid omgegee het en nie net daaroor gepraat het nie.
Jou karakter vir ander werkers is die doen en laate van ñ bestuursgroep…nou die vraag na 30 jaar se ondervinding…kon dit vehoed gewees het….JA JA JA JA

Mynopmeter ·

Op die foto kan duidelik gesien word dat dit ‘n kolossale sinkgat is en iewers in daardie puin lê die houer. Dit sal onnosel wees om nog lewens te waag om in die onstabiele rots en los klippe verder te wil tonnel skiet/grawe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.