‘Limonadestalletjies dalk?’ Wes-Kaap vies oor toewysing vir staatsamptenare

Argieffoto (Foto: Western Cape Government/Facebook)

Die DA is gekant teen die miljard rand se besnoeiings wat die nasionale tesourie aan die Wes-Kaap se begroting wil aanbring en meen die provinsiale regering sal slegs staatsamptenare se salarisse kan bekostig as hy dalk limonadestalletjies langs die pad begin oprig in ʼn poging om die tekorte aan te vul.

Die tesourie het onlangs die wysigingswetsontwerp op verdeling van inkomste bekendgemaak, wat beteken dat die Wes-Kaap se begroting veel verder tekort skiet as vorige jare.

Deidré Baartman, die DA se woordvoerder oor die Wes-Kaapse begroting, sê dit is veral die jongste loonverhogings vir die staatsektor wat die provinsie gaan knou.

Volgens Baartman is daar sentraal met die tesourie ooreengekom dat loonverhogings toegestaan word, wat beteken dat die salarisse wat die Wes-Kaap moet opdok op R2,9 miljard te staan kom.

“Die nasionale tesourie het egter net R1,7 miljard hiervan toegestaan, wat beteken die Wes-Kaap sal R1,2 miljard moet vind om die tekort aan te vul. Dit kan dalk met behulp van limonadestalletjies gedoen word,” sê sy.

Hiermee saam is die begroting van voorwaardelike toelae aan die Wes-Kaap, wat volgens Baartman vir spesifieke doeleindes aangewend word, ook met meer as R640 miljoen besnoei.

“Wanneer jy al die besnoeiings in gedagte hou, beloop die totale begrotingsbesnoeiing vir die Wes-Kaap altesaam R1,84 miljard.”

Baartman sê die verwoesting wat hierdie besnoeiings tot gevolg gaan hê, sal veral in infrastruktuur gesien word.

“Die onderwysinfrastruktuurtoelaag is met R156 miljoen besnoei, en amptenare verbonde aan die nasionale tesourie het die provinsie aangeraai om geen nuwe infrastruktuurprojekte, soos die bou van skole, in die huidige boekjaar te onderneem nie,” sê sy.

“Onderwys is ʼn realiseerbare reg, en hierdie opdrag van die nasionale tesourie is uiters kommerwekkend gegewe die toestroming van gesinne na die Wes-Kaap.”

Die DA voer aan dat die nasionale regering die staatskas so wanbestuur het dat hy nou provinsies in ʼn onmoontlike posisie plaas om dienste aan burgers te lewer.

“Dit is veral onredelik dat toelaes vir infrastruktuur besnoei is, veral omdat dit een van die sleutels tot ʼn groeiende ekonomie is,” sê Baartman.

Die DA het gesê hy sal nie die wetsontwerp steun nie, en ʼn beroep op ander provinsies gedoen om die “belange van hul inwoners eerste te stel, en dieselfde te doen”.

“Om hierdie wetsontwerp te steun sal immoreel wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gerhard ·

En so wil hulle nou ons mooi provinsie ook in verval probeer druk deur die begroting te snoei. Dit is absoluut onaanvaarbaar!!!!! Ons sal moet wal gooi hier, voor hulle ons ook vernietig. Dit is seker nou om die bonusse wat die minister van elektrisiteit aan die Eskom werkers belowe het te betaal.

Johann ·

Mens noem dit ekonomieae sabotasie, eie aan enige terroris organisasie wat mag en pag wil behou. Sal als wat werk verwoes en leegdra om hul eie gewin te befonds en bevoordeel.

domheks ·

Dit is nie eers meer snaak nie. cANCer sorg net vir hul eie sakke …

Jacobus ·

Soos gese dit is wanneer n terroristiese organisasie soos die anc sy eie mense saboteur om mag en geld te bekom om sy misdadige dade voort te sit. Hulle wil die hele land saan met hulle oor die afgrond sleep. Ek glo die Weskaap sal dit nie toelaat nie. Baklei vuur met vuur.

Johan ·

Net so ja. Maar as ek sê ek wens, hoop & bid die cANCer word tydens volgende jaar se verkiesing vernietig, word my kommentaar mos afgehaal…

Republikein in die Wes Kaap ·

Winde weet wat om te doen. Nou moet hy dit net doen.

JohanR ·

Moenie bekommer nie Wes-Kaap. Na die 2024 waaneer die ANC ge@Voertsak het sal die Wes-Kaap sy regverdige bedrag kry. Word nou deur die ANC gestraf oor onafhanklikheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.