Limpopo-aanklaer vas vir korrupsie

Foto: Pixabay

Die Valke het Vrydag toegeslaan op ʼn aanklaer van Thohoyandou in Limpopo nadat hy glo geld van ʼn beskuldigde gevra het om in te meng in ʼn saak.

Die 48-jarige staatsaanklaer was werksaam by die landdroshof in Thohoyandou en het glo R6 000 van ʼn beskuldige aanvaar wat aangekla word van roekelose en nalatige bestuur. “Die geld was glo om die saak te laat ‘verdwyn’,” sê kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke.

Die Valke het gereageer op ʼn wenk in dié verband en die aanklaer is in hegtenis geneem kort nadat hy die geld aanvaar het.

“Die verdagte sal na verwagting Maandag in dieselfde landdroshof op aanklag van korrupsie verskyn,” sê Maluleke.

Genl.maj. Thobeka Jozi, provinsiale hoof van die Valke, het gesê terwyl almal as onskuldig beskou word totdat hulle skuldig bewys is, word daar van dié wat oor hofsake toesig hou, verwag om veral onberispelik te wees. “Bedenklike optrede deur dié amptenare besmet die behoorlike toepassing van die reg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanR ·

‘n Staatsaanklaer verskyn voor ‘n regter in die selfde hof waar hy/sy ‘n staatsaanklaer was. Bit embarrassing what! Nommer 19010 wat uit die tronk gelaat is! Net R6000….nee man!

Fedup ·

I axpect nothing less from them. The main principles in south africa, no justice, respect and morals.

Leonard ·

ÓNS is ALMAL mens. Ons/ek OORDEËL te vinnig. Dink net wat R6000 kan doen in die HUIDIGE PANDEMIE situasie. Wonder ….

Elsa ·

Is goed so. Nou wag ons vir die aanklagtes teen korrupte parlementslede…
Maar ek hou nie my asem op nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.