Limpopo-beeste ingeënt teen bek-en-klouseer

Foto: DBV

Foto: DBV

Beeste in die droogtegeteisterde gebied van Matiane in Limpopo het inentings teen bek-en-klouseer begin kry.

Nagenoeg 4 000 beeste is reeds teen dié virus ingeënt. “Ons hoop om 6 070 beeste in te ent,” het Bomikazi Molapo, woordvoerder van die nasionale departement van landbou, bosbou en vissery, gesê.

Minister Senzeni Zokwana het dié gebied verlede week besoek ná die uitbreek van die epidemie sigbaar geraak het. “Ons het lede van die gemeenskap ingelig oor die epidemie asook oor maatreëls wat getref kan word om dit effektief te bestuur,” het Molapo gesê.

Volgens Molapo is daar 14 beeste wat reeds tekens toon dat hulle bek-en-klouseer onder lede het. “Daar is 1 200 beeste wat ook die risiko van besmetting loop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theunis Buys ·

Ek het n groot beswaar oor die foto wat saam met die artikel geplaas is.Dit is duidelik dat die dier verwaarloos is en dit is nie n weerspieling van n bees wat bek en klou siekte het nie. Dit kom voor dat alee bek en klou seer diere verwaarloos is.
Stel dit asseblief reg.
Groete
Theunis Buys

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.