Limpopo-betoging vlam weer op; R71 gesluit

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die R71 tussen Namakgale en Phalaborwa in Limpopo is weer gesluit aangesien gewelddadige betogings kort-kort in die gebied opvlam.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het Woensdag gesê die situasie in die gebied is steeds erg gespanne en onvoorspelbaar. “Gisteraand [Dinsdagaand] het inwoners die pad versper en talle voertuie is beskadig deur mense wat klippe gegooi het,” het sy gesê.

“Nog ʼn voertuig is aan die brand gesteek, maar niemand is in die voorval beseer nie. Berigte is ook ontvang van spaza-winkels wat geplunder en gebrand is, maar ons kon hierdie inligting nog nie bevestig nie omdat die paaie na die nedersetting versper is en polisielede nie in die area kan kom nie.”

Volgens Otto probeer polisiebeamptes en lede van die verkeersdepartement om die pad op te ruim, maar die betogers bemoeilik die proses.

Sy het vroeër gesê inwoners is ontevrede met tradisionele leiers in die gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hein ·

En nog ‘n skitterende voorbeeld van hoe demokrasie in Afrika werk: jy bly stem vir dieselfde useless party wat niks regkry nie, en jy blokkeer die pad en beskadig die motors van die mense wat vir ‘n ander party stem wat werk om jou lewe beter te maak…go figure! Nie-belastingbetalers wat skade aanrig aan die belastingbetalers se bates; en vir die regering is hierdie doodreg…sal dit nooit verstaan nie!

Rynhardt ·

Die Limpopo-betoging het gewys dat dinge al hoe erger gaan raak in SA.Die Anc maak elke keer beloftes aan die massas wat daarvoor val en dan materialiseer dit nie!Die oopgrense vererger dinge,want dit is onmoontlik om vir die massas der massas elkeen n huis te gee,n yskas vol kentucky -hoender ,R10000 kontant,n paar beeste en n paar lekker bottels bier!Die fontuin van geld droog op terwyl geen ekonomiese raamwerk bestaan vir SA nie!Die ergste le voor terwyl Zuma en kie vasklou aan hul lekker joppies en vet salarisse!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.