Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê geen voorvalle is Sondag aangemeld nie, maar die polisie monitor steeds die gebied noukeurig.
Volgens Otto is nog twee voertuie Saterdagnag aan die brand gesteek en vier ander is deur inwoners beskadig. Die inwoners is ontevrede oor die voorstel dat hulle deel vorm van ʼn nuwe munisipaliteit wat die Malamulele-township en omliggende nedersettings sal insluit.
“Daar was geen betogings vandag nie. Dit is stil, maar gespanne en sommige paaie is steeds afgesper. Die polisieteenwoordigheid in die gebied is nog meer opgeskerp.”
Een persoon is tot dusver in hegtenis geneem in verband met die betogings. Vrydag moes alle dienste by Vuwani opgeskort word, winkels en skole in die omgewing het toegemaak en openbare vervoerdienste is tydelik gestaak weens die oproer.
© RDM News Wire
Hoekom kan hierdie vandale nie aangekla word vir die beskadiging van staats eiendom (pad oppervlaktes ) en enige ander vorm van beskadiging nie, hoekom kan hulle nie gedwing word met die regmaak van alles wat hulle so vernietig sonder om n salaris te ontvang nie!!! Hulle stoomroller net voort, en staak oor alles wat in hulle kleinbrein opkom !!! Hoe langer julle die gemors gaan duld, hoe meer gaan almal sukkel !!! Word wakker ASB