Limpopo-betogings: Situasie stil, maar gespanne

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die situasie in die Vuwani-gebied buite Thohoyandou in Limpopo is steeds baie gespanne ná die gewelddadige betogings wat die afgelope week daar gewoed het.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê geen voorvalle is Sondag aangemeld nie, maar die polisie monitor steeds die gebied noukeurig.

Volgens Otto is nog twee voertuie Saterdagnag aan die brand gesteek en vier ander is deur inwoners beskadig. Die inwoners is ontevrede oor die voorstel dat hulle deel vorm van ʼn nuwe munisipaliteit wat die Malamulele-township en omliggende nedersettings sal insluit.

“Daar was geen betogings vandag nie. Dit is stil, maar gespanne en sommige paaie is steeds afgesper. Die polisieteenwoordigheid in die gebied is nog meer opgeskerp.”

Een persoon is tot dusver in hegtenis geneem in verband met die betogings. Vrydag moes alle dienste by Vuwani opgeskort word, winkels en skole in die omgewing het toegemaak en openbare vervoerdienste is tydelik gestaak weens die oproer.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

leeann ·

Hoekom kan hierdie vandale nie aangekla word vir die beskadiging van staats eiendom (pad oppervlaktes ) en enige ander vorm van beskadiging nie, hoekom kan hulle nie gedwing word met die regmaak van alles wat hulle so vernietig sonder om n salaris te ontvang nie!!! Hulle stoomroller net voort, en staak oor alles wat in hulle kleinbrein opkom !!! Hoe langer julle die gemors gaan duld, hoe meer gaan almal sukkel !!! Word wakker ASB

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.