Limpopo-betogings: Vermy dié paaie

Openbare-ordepolisie waak in Modimolle. Foto: SAPD

Openbare-ordepolisie waak in Modimolle. Foto: SAPD

Die polisie het Vrydag ʼn beroep op die publiek gedoen om sekere paaie in Limpopo te vermy weens gewelddadige diensleweringsbetogings.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê twee afsonderlike betogings word in Phagameng, buite Modimolle en Mankweng, oos van Polokwane, gehou.

“Inwoners van Mankweng betoog al die afgelope paar dae in die omgewing weens verskeie diensleweringskwessies,” het Otto gesê. “Verteenwoordigers van die munisipaliteit is daagliks met die inwoners in gesprek om ʼn oplossing te vind.”

Betogende inwoners het Donderdagaand die R71 in die Mankweng-omgewing met klippe en bande wat aan die brand gesteek is, versper. “Die pad is Vrydagoggend deur die openbare-ordepolisie opgeruim, maar weens Donderdagaand se protesaksie is skole in die gebied vandag gesluit. Die skoliere het na die R71 in die Mentz omgewing opgeruk en is tans besig om die pad daar te versper.”

Otto het motoriste aangeraai om die gebied te vermy of om versigtig te wees.

In Phagameng betoog inwoners onder meer oor ʼn tekort aan water. Die R101 tussen Modimolle en Naboomspruit word met klippe en brandende bande versper. Otto het motoriste aangeraai om die pad te vermy en eerder van die N1-deurpad gebruik te maak.

Sy het gesê ʼn groep van sowat 1 000 betogers neem deel aan ʼn beskermde optog deur die strate van Modimolle. Die groep beweeg na die munisipale kantore waar ʼn memorandum oorhandig sal word.

Patrick Shika, woordvoerder van die Modimolle-munisipaliteit, het aan Maroela Media gesê die munisipaliteit is bewus van die waterprobleem in Phagameng. “Die Donkerpoortdam is slegs 32% vol en daar is al die afgelope twee maande probleme met die watertoevoer na veral uitbereiding agt en nege van Phagameng,” het Shika gesê. “Soms is die aanvraag na water meer as wat verskaf kan word en dan loop die reservoir gereeld leeg. Die munisipaliteit verskaf gereel water met tenkwaens.”

Hy het gesê die munisipaliteit werk saam met Magalies Water om vier boorgate in die omgewing te boor om beter waterverspreiding te verseker.

Otto het gesê die polisie sal ʼn kennisgewing aan die media uitreik as die situasies in die twee gebiede bedaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

D ·

Tiperend van di Afrikane. Breek net af. Doen geen vooruitgang ni.

Chris W ·

Waarom gaan vesper hulle nie die paaie om nkandla nie?Dis tog waar hul probleem sy oorsprong het!

tamboti ·

Ja en rassisme is die hoof oorsaak van alle SA se probleme, aldus Zuma

vierkleur ·

Suid Afrika is met n speod besig om sy g@t te sien . As jy nie iets het nie, brand af.
, as jy nie kan Afrikaans praat nie, BRAND -AF.

As jy nie iets vernietkan kry nie, BARND-AF. Weet jy wat as jy sommer net lus voel, BRAND-AF,

Elbie van Schalkwyk ·

En dan wonder sekere mense waarom die buitewêreld hulle afstand hou… Tipies Afrika manier, as jy iets nie kan begryp nie, of nie perke kan aanvaar nie, veroorsaak chaos vir andere wat wel ‘n toekoms vir en in ons land wil bou

Adri ·

Hulle is besig om in te oefen vir ‘n algemene, landwye opstand. Anargie is voor die deur.

Eugene ·

En al hoe julle enige meningsverskil of standpunt wil staan en openbaar maak en julle ontevredenheid te wil opper….is deur af te breek, te verniel, te verwoes en te beskadig.

Selfs die dienste en instansies en wat ookal wat wel behoorlik funksioneer bly ook in die slag en desvolgens sit die hele onvanpaste optrede, alles met net nog ‘n jaar of drie terug – dink bietjie man – alles wat julle breek en verwoes wat wel gefunksioneer het, moet weer herstel word ook.
Julle is dus nou slegter af as voor julle begin breek en verwoes het.

Jef ·

Water is lewensbehoefte nommer een vir mens en dier, dis verskriklik om te sien wat mense moet doen om gehoor te word.
Om aandag te kry vir hulle waterkwestie steek hulle bande aan die brand en gooi klippe op die pad, dit is hulle manier om aan te gee……DOEN IETS.
Ek dink as ek nie (skoon) water het om te drink nie en niemand luister na my noodkreet nie dan sal ek ook in opstand kom.

Jef ·

Droogte in n land is onder andere die ergste wat almal en alles kan oorkom en ek is bly dat die munusipaliteit en Magalies water saamwerk om 4 boorgate te boor vir water aan die bewoners.
Daar is nog vele gebiede en dorpe wat kamp met water tekort en ek hoop dat die munusipaliteite saamstaan om ook die mense te help, dorpsbewoners onderling werk ook saam om ander te help.
Ons sit almal in dieselfde bootjie en ons moet almal saam roei dan weet ek sommer dat ons die probleem die hoof kan bied.

marius ·

Ek stem saam dat water n basiese behoefte is en dat geen dienslewering n mens dwing tot aksie.
Ek is n inwoner in Modimolle waar dit vandag plaasgevind het en ek kan eerlik getuig dat die manier wat dinge gedoen is getuig van barbaarsheid, n Klomp robotte is afgebreek tot op die grond,eiendom is beskadig sypaadjies flenters geslaan-kom in opstand ek stem saam maar moenie afbreek nie want die geld om dit reg te maak kom uit ons belastingbetalers se sakke. Hou op stem vir die ANC wat julle doodwurg in hierdie land!
Die meeste van die betogers is mense wat nie werk nie en en n groot klomp het ANC hemde aan gehad

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.