Limpopo-betogings woed voort; paaie gesluit en dienste opgeskort

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Daar is steeds geen einde aan die gewelddadige betogings wat al die afgelope week in Limpopo woed nie.

Alle dienste by Vuwani is Vrydagoggend opgeskort weens betogings in die gebied. Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê winkels en skole in die omgewing het toegemaak, alle openbare vervoerdienste is gestaak en reisigers is aangeraai om die omgewing te vermy.

“Die pad van Elim via Vuwani na Malamulele is gesluit nadat betogers brandende bande daar gepak het,” het Otto gesê. “ʼn Polisie-njala is ook aan die brand gesteek.”

Buite Burgersfort het geweld ook opgevlam waar inwoners buite die munisipale gebou betoog het. “Die betogers het probeer om ʼn muur op die R37 te bou om die verkeer te versper, maar hulle is deur die openbareorde-polisie uitmekaar gejaag,” het Otto gesê. “Die R37 is tans oop, maar die betogers is steeds in die gebied. Die situasie is baie gespanne.”

Intussen is ʼn vragmotor op die R555 aan die brand gesteek.

Volgens Otto is die inwoners ontevrede oor die voorstel dat hulle deel vorm van ʼn nuwe munisipaliteit. Talle paaie in Limpopo moes die afgelope week gesluit word weens betogers wat die paaie versper. Verskeie voertuie is met klippe bestook en geboue is afgebrand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

J.Z ·

Maar Zuma se , SA het in sy tyd verbeter.ja dit moet hy vir die swaaltjies gaan vertel.

Peet Schabort ·

Ek verskil van julle maar praat geensins die geweld goed. Tog is dit so dat die ANC net daardie ‘taal’ verstaan wanneer hulle bankrot-munisipaliteite wil saamvoeg met geldelik vooruitstrewende munisipaliteite. Hier het ons die bankrot Emfuleni (Vdbijlpark/Vereeniging) se samevoeging met Midvaal (Meyerton ens.) wat die ANC wil deurdruk (deurtrek?).
Dan was daar weens betogings van Metsimaholo (Sasolburg ens.) inwoners die mislukte samevoeging met die bankrot Ngwathe (Parys) munisipaliteit. Hier het die ANC die ‘taal’ verstaan van klipgooi en buitebande brand en bes gegee alhoewel ons nie weet vir hoe lank.
Dit is om alle munisipaliteite ewe bankrot te maak en meer geld uit die belastingbetaler te wurg.

Louise Jacobs ·

hoekom is hulle nie almal gearristeer nie?? hulle het voertuie gebrand en verneel. op publieke paaie gemors gemaak met “muur bou” dis onwettig en hulle moes tronk toe gegaan het.

Eben Labuschagne ·

Ek skaam my vir my regering. Het ons regering so lamsakkig geword dat hierdie mense maar net privaat eiendom en sommer ook n Polisie voertuig kan uitbrand terwyl daar net toegekyk word. S.A. het in n land ontaard waar die wettelose meer regte as enige wetsgehoorsame burger geniet. Dis pateties man.

Regard ·

Ek bly in Burgersfort en ja dit is baie erg hier en veral in steelpoort n dorpie sowat 16 km weg . Baie kere moet ons om paaie ry om die betogings mis te rybek bly al van 2006 af hier ek was nog gelukkig om nie vas gevang te word ib hulle kwaad doenigheid nie. Die ergste van alles die polisie staan net toe en kyk hoe dit gebeur en as hulle probeer iets omtrent die saak doen dan word hulle voertuie ook aan die brand gesteek. Jy kan basies se tot die polisie is bang vir die gemeenskappe se mense. En ja is regering beteken niks. Baie myne het ook nou al deur geloop met die betogings saam en almal sit net terug en kyk hoe alles gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.