Limpopo-boer oorleef vyfde aanval in minder as ʼn jaar

Japie en Christina du Toit. Foto: Verskaf

Japie en Christina du Toit. Foto: Verskaf

Japie du Toit (60), ʼn boer van Laersdrif in Limpopo, het Maandag die vyfde rooftog op sy plaas in minder as ʼn jaar oorleef.

Du Toit en sy vrou, Christina (55), is omstreeks 03:00 die oggend deur ses gewapende rowers in hul huis oorval. “Ek het griep en daarom het my vrou die aand in die spaarkamer geslaap,” het hy aan Maroela Media vertel. “Ek het wakker geword van my vrou se stem wat angstig geklink het, toe drie van die rowers in my kamer instap. Hulle was gewapen en het geld en vuurwapens geëis,” het hy gesê.

Du Toit het die kluis se sleutels aan die rowers oorhandig waarna hulle R5 000 kontant, drie gewere, een handwapen en ander huishoudelike items gevat het. Hulle het toe met Du Toit se Toyota Hilux-bakkie en Mercedes ML op die vlug geslaan.

Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê een verdagte, David Mokgetle (38), is later in Mamelodi, Pretoria, vasgetrek. Du Toit se bakkie is ook daar gevind. Mokgetle het reeds in die hof op ʼn aanklag van huisbraak verskyn en word met verskeie ander misdade in Limpopo en Mamelodi verbind.

Die plaashuis waar die inbraak plaasgevind het. Foto: Verskaf

Die plaashuis waar die inbraak plaasgevind het. Foto: Verskaf

“Die Mercedes is in Molotoweg in Pretoria gevind nadat dit met ʼn bus gebots het,” het Otto gesê. “Die ander vyf verdagtes is nog nie in hegtenis geneem nie.”

Volgens Du Toit is hy reeds die derde geslag op die plaas en boer hy sedert 1975 heeltyds met graan en vee. Die Du Toit’s was egter die afgelope paar maande keer op keer die slagoffers van ʼn vlaag aanvalle in die gebied.

In September 2014 was daar ʼn inbraak in die huis terwyl die egpaar met vakansie was en iemand die huis vir hulle opgepas het. In Desember is daar by die kantoor op die plaas ingebreek en in Januarie by Du Toit se seun se huis, ongeveer 400 meter verder op die plaas. In Februarie is die egpaar ook tydens ʼn gewapende roof aangehou.

“My seuns is saam met my hier op die plaas en hulle sal die vierde geslag wees. Om eerlik te wees, oorweeg ons nou al ons opsies. Ons het reeds al die plekke waar hulle ingebreek het herstel en is besig om ons veiligheid aansienlik te verbeter. Maar die lank en die kort is, as ons hier wil bly, sal ons in ʼn tronk moet bly. En ek het op hierdie plaas grootgeword. Ons het nog nie ʼn besluit geneem nie … maar ons oorweeg al ons opsies.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Hendrik ·

Ek is beslis nie onsensitief oor die mense se situasie. Die moeilikste situasie is indien jy nie die nodige finansies het om jouself te beveilig nie. Die meeste mense in on land is in so situasie. Dit klink of hulle na al die opsies begin kyk. Die mense in die stad se huise lyk soos tronke en eh het ‘n keuse geneem om in ‘n homogene omgewing te gaan bly a.g.v. daarvan dat ek nie in ‘n tronk wil bly nie. Almal kan dit ongelukkig nie doen nie of wil nie as ‘n rassis uitgekryt word indien jy daardie keuse maak nie. Ongelukkig moet jy dan self jou hande uitsteek en hard werk. Die volkies is nie daar om te help nie..

Louise Maritz ·

Ons almal woon lankal in tronke vir ons veiligheid, hoekom het julle so lank gevat om nou eers die sekuriteit verskerp.

Rob Stark ·

Mnr Du Toit, mooi huis ,maar jou ligte is te hoog en geen omheining nie ???

Se net ·

Nie almal het geld vir sekuriteit beams ens om vroegtydig alarm te maak. Moenie die blaam op die slagoffer plaas nie, wat doen ons korupte regering om te keer dat ons almal in tronke bly?

Andre ·

Mense die huis is reeds vol diefwering voor elke venster, kyk na die foto. Watter veiligheidsmaatreels daar is weet ons nie. Dalk is daar elektriese heinings honde en alarmstelsels. Mens kan altyd jou maatreels verskerp, al bly jy reeds in ‘n tronk. Die punt is niemand van ons verdien om so te woon nie, die probleem is nie by die sekuriteitsmaatreels nie, die probleem is die barbaarse optrede van die ander.

Ella ·

Mense dit is maklik om te se verskerp sekuriteit maar die boere moet sekerlik uit hulle huis uit gaan. Hoeveel boere word oorval as hulle buite besig is. Mens kan sekerlik nie permanent met jou pistool gelaai in die een hand rondloop nie. Hulle skrik nie vir sekuriteit hekke en tralies nie nog minder vir kameras ens. Wat meer kan n mens doen? Dank die liewe Vader julle is nie gemartel en gemoor nie.

Peet Schabort ·

Dis hoekom die regering ontslae geraak het van die kommando’s. Dis mos nou baie makliker om ‘n boer aan te val want sy wapentuig is ook nou afgewater.

Rob Stark ·

Maar Peet, hoeveel boere moet nog sterf voor hulle besef dat hulle moet na hulle eie sekuriteit kyk. Kan jy dink hoeveel boere so gesterf het in Rhosesia as hulle nie paraat was met hulle eie sekuritiet nie. Ek was daar ek weet.

Luvanrensburg ·

julle het n baie sterk saak om vir n humanitêre visa aansoek te doen, sluit aan by n immigrasie forum en kry raad. Baie sterkte.

malinda ·

Weet julle. as hulle wil in kom sal niks hulle keer nie.
Dit is eintlik net eerlike mesnse wat nie inbreek en buite bly.
Nerens is ons veilig nie. nerens nerens.

jakes ·

julle hoef nie te trek gaan na die web. akska groep. lees die forums en besluit

Hennie ·

Ons moet besef ons bly in Afrika, hierdie mense het ander waardes, roof en moor is deel van
hulle bestaan. Nie dat dit reg is of aanvaar moet word nie, maar dis hoe hulle leef, ons het al te veel gesien en gehoor. Veral op plase behoort maksimum sekuriteit die wagwoord te wees, veral waar daar alreeds ‘n aantal kere ingebreek was.

HEVW ·

Jy het n keuse. Jy bly in n tronk en jy bly leef en jou kinders bly erfgename van n baie kosbare erfenis waarvoor weinig beskore is of jy word beroof en heel moontlik vermoor. Die feit bly staan jy het n verantwoordelikheid teenoor jou lewensmaat, jou kinders en teenoor die grond wat jou Skepper aan toevertrou het. Aanvaar en verwerk die werklikheid van ons landsomstandig-hede. As jy bogenoemde nie doen nie dan laat jy jou diebares, gemeenskap en volk in die steek. (punt) Voordat jy se dit is nie bekostigbaar nie kyk maar eers na al die luukses wat kon gebly het, en bereken die koste ingeval daar mense hul lewens gaan verloor en die prys van vuurwapens in die hande van koelbloedige moordenaars. Ons Namibiers veral in die noorde moes maar al hierdie somme maak. Sterkte.

Jennefer ·

Ek kan dit nie meer bekostig,ons is kleinboere, die kostes om op n klein plaas te bly is astronomies, dis belasting, brandvereniging, maak van brandgange, herstel van heinings wat net deur rondlopers afgeknip word,arbeid Hondekos!!!! noudat Ian van Druten ontslaan is uit hospitaal word hy oorlaai met rekeninge van arbeidsterapeute, fisioterapeute en dink aan al die vervoerkostes wat sy familie moes aangaan om hom in Pta te gaan besoek. en die aanvallers ? nie n sent vir die ellende wat hul agterlaat.

Anel Viljoen ·

Trek NZ toe soos duisende ander Suid Afrikaners…hier sluit ons nie eers ons deure in die aande nie…en ons hoef nie soos gyselaars in ons huise te woon nie….en dis lekker!!

Adel ·

Makliker gese as gedaan. Nie almal het die finansies om so ‘n skuif aan te pak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.