Limpopo-boer sterf ná plaasaanval

windpomp_Reint_Dykema_1.jpg

Argieffoto: Reint Dykema

Enkele ure nadat aanvallers op ʼn plaas buite Tzaneen in Limpopo toegeslaan het, is nog ʼn egpaar op ʼn plaas in die Groblersdal-gebied aangeval.

Baie min inligting is in dié stadium beskikbaar, aangesien polisiebeamptes steeds op die toneel besig is. Maroela Media verneem ʼn boer en sy vrou is deur die loop van die oggend deur ʼn groep gewapende aanvallers oorval en vasgebind. Die aanvallers het na bewering vuurwapens, kontant en ʼn voertuig geroof voordat hulle op die vlug geslaan het.

Daar word beweer dat die boer ʼn hartaanval gekry het terwyl hy en sy vrou steeds vasgemaak was en dat sy hom dus nie kon help nie. Hy is later by ʼn hospitaal dood verklaar.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat polisiebeamptes op ʼn toneel in die Groblersdal-gebied is, maar hy kon nie onmiddellik enige verdere inligting verskaf nie.

Hou Maroela Media dop vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

LK ·

Die boer en sy seun is vasgebind en aangerand sy vrou, skoondogter en kleinkinders het eers kort daarna opgedaag waarna hulle in die kantoor geneem is. Die skoondogter is vasgebind. Die boer het sy seun en skoondogter losgemaak na aanvallers weg is. Die boer is per ambulans Groblersdal rugbyklub toe geneem waar ‘n helikopter gewag het om hom Unitas toe te vlieg. Hulle moes hom eers stabiliseer voor hulle hom kon vlieg. Hy is aan ‘n hartaanval oorlede voordat hy kon gevlieg word.

willie ·

ai wat moet nog gesê en gedoen word voor ons mense wakker word? tragedie op tragedie! hierdie regering sal nooit gepla wees oor ons boere nie, ons moet vir ons self voorsiening maak al is dit hoe moeilik!

Eps ·

As ‘n wit mens net langs ‘n swarte poep dan word jy die volgende dag aangekeer en aangekla vir poging tot moord. As ‘n swarte mens ‘n wit mens vermoor dan vat dit maande om die moordenaars aan te keer en hulle word vryhelaat op ‘n R1000 borg.

Jaco ·

Wees realisties, ons weet nie wie die kriminele is nie, sodra hulle gevang is sal hulle die volle mag van die wet moet konfronteer.

tom ·

Maar die polisie minister se mond is toe want hoekom dis blanke wat dood is

Stella ·

Nee sy mond is nie toe nie. Hy is die grootste blanke-hater wat daar is

Harry ·

Enige politieke party of restaurantgroep wat die aanval wil veroordeel? Ons hoor graag van jul.

Cherokee ·

Om wàt mee te maak Hermanus? Die DA-stemmers is hierdie forums vol maar hul monde is gesnoer want hulle het ‘n verleentheid vir hulself geword. Alida het die DA op ‘n stadium hier geadverteer maar ek dink sy het van naam verander. Michael het paar dae gelede sy bewondering uitgespreek vir Malema maar sy nuutste is dat hy VF stem. Ek het die trotse rekord dat ek nooit NP of DA gestem het nie. Wat wil jy maak met die inligting waarvoor jy vra? Dit is op rekord dat ek gesê het binnekort sal die DA-stemmers skaam wees om te sê dat hulle DA gestem het soos wat FW nou die enigste NP-stemmer was en daarmee die referendum gewen het.,

Christo ·

Wonderlik hoe gebeure by die Spur ( 4 blanke mans rand swart paartjie aan) geadverteer word Noord tot Suid, veroordeel word deur die DA en heaven know wie ookal punte wil score met hulle ‘hopefull’ supporters maar die Plaasmoorde word vir bladsy 10 gebêre met geen support van geen politieke instansie of die Polisie nie. Julle is ruggraat loos DA . Ek en my familie het wragtig daaraan gedink om vir julle te stem. Wragtig, van Memaine tot Trollip, behalwe om elke 2 de dag te sê julle gaan nog ‘n hofgeding teen Zuma of wie ookal aanhandig te maak, doen julle niks vir die minder-bevoorregtes vir die land nie.
Skaam julle man.

Griki ·

Ek hoor graag van die DA wat hierdie aanval ten sterkste afkeur.

Michael ·

Ek hoor graag van die media hoekom hierdie nie n rasaanval geklasifiseer is soos die kfc saak nie?

Ons wag ·

Ons wag in spanning Adriana Randall van die DA en Fikile van die polisie, enige iets te sê?

Monika Roode ·

My broer is ook gedurende die week op sy plaas aangeval en al die dinge ook met hom gebeur maar met die genade van Bo is een of ander boodskap aan die 6 gewapende boosdoeners deurgestuur en voordat ons van dieselfde aaklighede hier kon lees is sy saak toe sonder skade aan hom (behalwe trauma en goedere verliese) opgelos deurdat hulle weggejaag het. My hart gaan uit na hierdie mense.

Annamarie ·

Ek vra aan nuuslesers en kommentators of hul al ooit aan hul werkgewers gevra het hoekom die plaasmoorde en plaasaanvalle nie nuus items is nie, maar n swartkind se dood op n plattelandse dorp n hele Maand se nuuswaardigheid is? Rassehaat word openlik as die REDE van die Seun se dood genoem. So Suid Afrika, hoekom boikot julle nie die HELE uitsaaiwese, koerante En Pers nie? Sover ek weet is die “witman” (En hier haal ek JULIUS MALEMA aan) die “white Capitalists ” wat glo al die geld beheer. So, weerhou jou geld tot hul elke Blanke moord net so getrou uitsaai soos met n ander persoon met n ander velkleur.

HPV ·

Gaan vir vuurwapen opleiding en dra dan ten alle tye ‘n vuurwapen aan jou. Eers is dit ongemaklik maar mens raak gewoond daaraan. Koop byvoorbeeld ‘n goeie enkelholster en probeer dit. Mens loop nie ongewapen in ‘n oologsone nie. Jy mag jouself verdedig, so bewapen jouself om jouself te verdedig. Sou jy iemand in selfverdediging skiet en word aangekla is jy gelukkig want jy lewe immers nog en kan jouself dan op die reg beroep.

Alida ·

HPV ek kan nie glo jy deel nog raad uit nie. Dink jy nou regtig die boere is nie gewapen of paraat nie? As 6 mense jou van agter aanval het jy min kans om jouself te verdedig. My gesonde verstand se dit vir my. Ek besef almal is nie altyd gewapen nie maar soms help daardie wapen jou niks.

HPV ·

Alida ek was aangeval, een van voor drie van agter. Ek skiet toe die een voor my waarna die ander weggehardloop het. Ek besef alle boere het wapens en die meerderheid is paraat want ek werk al vanaf 1972 op plase en het baie vriende in die boerdery gemeenskap. Het selfs vir 10 jaar elke 5 weke vir ‘n week tussen hulle gewoon. Wat ek probeer sê is dat mens ‘n beter kans op oorlewing het indien jy ‘n vuurwapen aan jou dra en opgelei is om dit te gebruik.

Hans ·

Ons moet terugkeer na God en vir ons eie nasie begin stem.Afrika is Afrika om n rede.Net God kan ons red.

14/88 ·

In ‘n demokrasie beskik diegene wat die media beheer, en gevolglik die opinie van die stemvee beheer, oor mag waaroor konings of diktators nie eers kon droom nie.

Die eenvoudigste manier om ‘n demokrasie te beskryf, is dit: Drie mense vorm ‘n regering, elk met een stem. Dan stem twee van hulle saam om die welvaart van die derde te besteel.

Zeus ·

Moet nie verder in vrees lewe nie. Ek versoek van al die wets gehoorsame burgers om julle self te bewapen en reg te wees om julle self te beskerm. Neem jou en jou familie se veiligheid in jou eie hande. Doen wat moet gedoen word nou (bewapen jouself) sodat jy more verseker kan wees jy sal die dag oorleef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.