Limpopo-boere help ontsnapte gevangene aankeer

Die soektog duur voort na Bethuel Simango, ʼn 25-jarige Mosambieker

Die soektog duur voort na Bethuel Simango, ʼn 25-jarige Mosambieker

ʼn Tweede verhoorafwagtende gevangene wat Sondag uit die aanhoudingselle van die Letsitele-polisiestasie buite Tzaneen in Limpopo ontsnap het, is weer agter tralies.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het gesê die tweede man is met die hulp van die gemeenskap en omliggende boere op ʼn plaas in die omgewing aangekeer waar hy weggekruip het.

Die 26-jarige man is van die Mbekwana-nedersetting naby Mandlakazi en is aanvanklik in hegtenis geneem op aanklagte van moord, huisbraak, diefstal en die besit van onwettige ammunisie.

Maroela Media het Maandag berig drie verdagtes het omstreeks 18:40 deur die dak van die oefenkamer ontsnap deur die ogiesdraad te sny. Een van die verdagtes, ʼn 27-jarige Mosambieker wat in hegtenis geneem is op aanklagte van huisroof, verkragting en huisbraak, is Maandag in die vroeë oggendure reeds aangekeer.

ʼn Spesiale taakspan is saamgestel en die soektog duur voort na ʼn 25-jarige Mosambieker wat onder meer in hegtenis geneem is op aanklagte van huisroof en huisbraak.

Die omstandighede rakende die ontsnapping word steeds ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

JC ·

Mooi man!!
Die boere is “awesome” !! Moenie nonsens vat nie! Vraag: is daar ‘n oulike Afrikaanse woord vir “awesome”. Dis so ‘n lekker (Engelse) woord om te gebruik, maar is daar nie ‘n Afrikaanse ekwivalent nie?

Karma ·

Dit is rassisme! Suiwer rassisme!!!!!!!!!!!!!!!!! Hoe durf die boere die polisie help om hierdie onskuldige man (al ooit gehoor van ‘not-guilty until proven guilty?) te help vang? Hy is voorheen benadeeld en arm en honger en daarom het hy ingebreek, gesteel en gemoor. In sy tuisland is hy vervolg en hy het na SA gekom om ‘n beter lewe vir hom en sy naastes te maak en nou het die verdekselste Boere hom help aankeer. Nou moet hy in die tronk gaan sit, want hy het nie borggeld nie. Dit is SO onmenslik en onregverdig! Sy menseregte is geskaad!!!!!

Bang ·

Mooi gedoen, hoop hulle kry hierdie een ook, bly in Tzaneen, hy lyk wreed!

Theuns ·

Maklik om hom in die hande te kry. Soek net vir n ou wat houtskool gebrand is op pad SA toe. Ons eie mense sit net in die skaduwee bedags! Hulle is lig geel.

Scalla ·

Ogies draad word gebruik om voels binne die hok te hou, het seker deurmekaar geraak met die benaming van tronkvoels. daarvoor word tralies gebruik.

Malboer ·

Karma al ooit gewonder of die snert wat jy nou kwyt raak jou enigsins sal laat anders voel as die persoon jou dogter of so verkrag en mishandel het ? Jammer vir die spel foute maar hel ek is nou omgekrap

Karma ·

@Malboer & Henry – the penny drops SLOOOWLY, sien ek. @Oosie, ek sien jy kan darem ‘n tong-in-die-kies opmerking raaksien en waardeer. Wake-up Malboer & Henry, vat ‘n chillpill en drink ‘n B&C voor julle strokes kry! :-))))

Koos1 ·

Malboer en Louw, ek is 100% seker Karma was net sarkasties, (Ek hoop so Karma!!)

Oosie ·

Goed gestel Karma! ( Malboer en Louw. Om so tong-in-die-kies te gesels raak nou algemeen soos die regering hulle mense leer om te lieg en bedrieg en ons gebruik dit om ons frustrasie en moedeloosheid uirdrukking te gee).

humor ·

Karma dit maak my stom dat daar nog mense is wat nie volmondig en heelhartig met jou saamstem nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Karma ·

@Malboer, Henry, Sannie, Oosie & humor – julle sal seker (of het al) agtergekom dat ek daarvan hou om ‘n spanner in die wiel te gooi, of ‘n klip in die bos te gooi, net om te sien wat daar uitkom. Regtig, hierdie was ‘n tong-in-die-kies opmerking en verwoording van hoe (ek dink) die gemiddelde Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner maar dinge draagbaar probeer maak. :-)))

humor ·

Kom ons help n bietjie met die woord ” awesome” Vir my is dit nie so n lekker woord nie. In sekere streekaksent word die woord deur sommige mense so gese dat dit klink na naarword. Wat van die boere is briljant wat beteken skitterend. Of as ons meer loslid wil praat se ons die boere is tops. Of ook hulle is ysters. Wie kan nog beter help?

Karma ·

Awesome – ontsagwekkende in Afrikaans. Bietjie ….e…. lank-in-die-mond? Wat van net eenvoudig ‘wonderlik’ of ‘fantasties’ ……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.