Limpopo-ongeluk eis drie

'n Foto van die toneel. Foto: SAPD

‘n Foto van die toneel. Foto: SAPD

Drie mense is Woensdag dood toe ʼn bakkie in Limpopo op die R36 tussen Lydenburg en Ohrigstad gerol het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 21:00 plaasgevind en die pad moes vir verkeer gesluit word.

“Die bakkie het ’n vrag hout vervoer toe die bestuurder beheer daaroor verloor het. Die bakkie het gerol en al vier insittendes is vermoedelik uit die bakkie geslinger,” het Mathe gesê.

Drie mense is op die toneel dood verklaar. Een persoon het matige beserings opgedoen en is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die Limpopo-polisie, het gesê die oorlewende is ’n vierjarige kind. “Twee tienerseuns, vermoedelik 17 jaar oud, en ʼn 40-jarige man is deur paramedici dood verklaar,” het hy gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag. Die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kellies ·

Kan jou waarborg die ongeluk is veroorsaak deur die slegte pad met al die slag gate. Regering glo mos nie daaraan om slag gate reg te maak nie.

Frederik ·

Die opskrif lees daar was ‘n botsing. Die berig lees die voertuig het gerol. Wat’s reg ?? die opskrif of die berig.

Landi Slatter ·

Dagsê Frederik

Dankie vir jou terugvoer. Die kar het inderdaad gerol. Ons vra om verskoning vir die oorsig en wysig die opskrif van die berig.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.