Limpopo-broers in vroeë oggendure doodgeskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Twee broers van Modimolle in Limpopo is Donderdag in die vroeë oggendure tydens ʼn huisrooftog doodgeskiet.

Ao. James Finley, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die besonderhede rondom die gebeure is in dié stadium nog vaag, maar sal deel vorm van die polisie se ondersoek. Die twee broers was sakemanne op die dorp.

“Al wat ons in dié stadium weet, is dat vier gewapende rowers omstreeks 03:00 by die huis ingebreek het. Ons weet nie of daar ʼn struweling tussen die rowers en slagoffers ontstaan het nie, maar die twee broers is albei in die bors geskiet,” het Finley gesê. “Een van die mans is op die toneel dood, terwyl die ander man na ʼn hospitaal gehaas is waar hy later ook dood is.”

Volgens Finley was die broers se ma en suster ook in die huis ten tyde van die voorval, maar hulle is ongedeerd. “’n Onbekende bedrag kontant is tydens die rooftog gesteel. Ons is nog nie seker of enigiets anders vermis word nie.”

Finley het gesê twee sake van moord en ʼn saak van huisbraak is aanhangig gemaak. Die name van die oorledenes kan nog nie bekendgemaak word nie, aangesien al hul naasbestaandes nog nie van hul dood ingelig is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

ELSABE ·

Dit is vreeslik ek het yskoud geword my kinders is ook van daai gebied.

Aster ·

Dis skokkend om weer hierdie berig te lees. ‘n Mense se lewe is niks werd nie. Kan ons nie ons eie Volkstaat op bou nie, met ons eie regering en eie ekonomie nie? Ons lewe in vrees onder die regering. Vryheid is deesdae vir ons ‘n droom en nie ‘n werklikheid nie :(

Jaco ·

Ons volkstaat is Orania en daar word reeds gebou. Ondersteun daar al is dit net finansieel

pop ·

Jaco en wat is daar op Orania. Dis semi woestyn. En dink jy vir een oomblik al die wittes gaan daar pas. Dalk as ons op mekaar se skote sit. Ek was daar en soos ek verstaan behoort daai grond aan een man. Ons het n groot grondgebied soos die hele Kaapland soos van ouds nodig. Dis n wye stuk aarde en het hawens en alles wat nodig is. Die volke wat oorspronklik daarvandaan kom sal dit ook verwelkom.

Knersus D ·

Leef eerder in ‘n woestyn as om vermoor te word in die paradys..

Annie ·

Waar is die opvolg berigte van Lindie Bosch Jansen? Dit is vreeslik!!!! Dan se baie die platteland is veiliger.

maryna ·

dis n Goddelike skande soos hulle die witman uitmoor satan is vrek besig in SA ….en Zuma sit en handtjies vas hou en sing Shoot The Boer !

Theresa ·

Woestyn. Klink sommer salig in vergelyking met moor, verkrag, inbraak, 12 op ‘n slag terwyl jy piekniek hou, springende vieslikhede in strate oor enige ding, krag wat aan dan af is, water wat gemors word, slegte dienslewering, ensovoorts, ensovoorts.
In daardie woestynplekkie kan mens handwerk doen, olywe groei, neute groei, daar is internet ontvangs. Dalk later, wanneer meer mense groot sukses daar toon, sal dit uit sy nate bars – in tussen glad nie ‘n slegte idee nie. Skole duld nie opstande daar nie en is baie goed in hul onderrig. Die paar mense wat wel ‘n besigheid daar wil bedryf, vaar goed en lewer vriendelike, hoflike en diens met respek aan ander. Dit klink na iets wat ons mos aan gewoond was? Binne etlike jare is chaos en disrespek vir als wat reg en goed is as ‘n wenresep uitgeoefen. Dit kan net op een ding afpeil: skade, swak moraal, disrespek vir als en almal (gereg ingesluit) en ons geld gaan minder as niks werd raak nie, want dis die geskiedenis as mens “rondkyk” na ander voorbeelde waar dit al dekades gaan soos wat dit nou hier gaan. Jaco, ek sien uit daarna om te kom nesskrop in ‘n plek soos Orania waar dit al vir geruime tyd bewys is, dit werk tog goed vir party mense. Dit sal beslis nie almal se “cup of tea” wees nie. Maar ek kan die gorigheid van stadsastrantheid nie meer lekker hanteer nie. Veral as mens MOET in die binnestede in vir besigheid en jou kar word bespring deur kwansuise “mense”. Dit net oor bv deesdae: klasgeld. A nee a.

Marina Koekemoer ·

Wie is nou rerig dood. Die dorpie het verskillende stories en ons weet nie meer wat is die waarheid nie. Meer inligting sal wardeer word

Jacoba ·

Modimolle is Nylstroom en Bela-Bela is Warmbad. … Ongeveer 27km uit mekaar. 2 verskillende dorpe

DEE ·

Daar is geen sin in om na Orania te trek en veilig daar te bly en jou kinders dan Universiteit toe te stuur en hulle moet alleen cope met dinge soos wat nou gebeur nie.

Gerhard Swanepoel ·

Dis nie meer lank nie dan vat hulle Orania ook. So vergeet maar daarvan. Hulle is in elk geval baas in die hele land, Orania ingesluit. Wat maak die Orania boere met hulle produkte?. Hulle Voer hulle onderdrukkers en moordenaars daar mee. Kyk hoe vet is Zuma en Malema van al die lekker kos wat die blanke boere voorsien, Orania boere ingesluit. Baie Dom sou ek se. My voorstel is dat die Boere n ultimatum aan die regering stel. Stop die moorde onmiddelik of ons lewer geen produkte aan die markte nie. Ons plant ook niks meer nie. Dan sal hulle groot skrik maar ons boere en boere vereenigings is te SLAPGATTIG.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.