Limpopo-dosent se liggaam op kampus aangetref

misdaadtoneel

Argieffoto

Die polisie ondersoek die raaiselagtige moord van ’n universiteitsdosent van Limpopo nadat sy liggaam Maandagoggend voor sy huis in sy rolstoel aangetref is.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Freddy Madiba (50), ʼn landboudosent aan die Universiteit van Limpopo, se liggaam is deur ʼn aantal van sy familielede voor sy huis op die kampus van die universiteit aangetref.

“Dit wil voorkom asof Madiba elders vermoor en sy liggaam toe voor die huis, wat hy by die universiteit gehuur het, geplaas is,” het Otto gesê. “Hy het veelvuldige oop wonde aan sy kop gehad, maar die wapen wat gebruik is om die wonde toe te dien is nog nie bekend nie. Die polisie het ook nog nie ʼn motief vir die moord bepaal nie.”

Otto het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Dis eintlik dood eenvoudig om die raaisel bymekaar te sit…

Gerhardt ·

Wat ‘n baken van uitnemendheid is die Univeriteit nie. *sarkasnme*

GES ·

Seker maar ‘n ontevrede student se werk
……. “One pass, pass all”.

talitha ·

Dit is net nog n bewys dat lewens goedkoop geraak het.
Mense het geen morele waardes nie.

talitha ·

Dit is net nog n bewys dat lewens goedkoop geraak het.
Mense het geen morele waardes nie.

Siek ·

Verskriklik om te dink wat die dosent moes deurmaak. ‘n Man in ‘n rolstoel. Hoe moes hy voel, magteloos????????????????? Ek hoop die misdadiger sal dubbeld gestraf word.

Thea Gerber ·

Soos n man sonder bene sal voel as hy voel/dink sy lewe is in gevaar.

Sune van Heerden ·

Dagsê ai

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word en dan neem dit ‘n wyle voor dit op die webwerf verskyn.
Wanneer kommentaar dus nie onmiddellik wys nie, beteken dit nie noodwendig dis afgekeur nie.

Wanneer kommentaar egter nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie, word dit wel gemodereer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.