Limpopo-dwelmsindikaat oopgevlek

Die dwelmbaas word in hegtenis geneem. Foto: Valke

Die dwelmbaas word in hegtenis geneem. Foto: Valke

ʼn Jaar lange ondersoek deur die Valke het gelei tot die inhegtenisneming van ʼn bekende dwelmbaas en sewe van sy werkers in Groblersdal, Limpopo, Vrydagoggend.

Lt. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê lede van die Valke het op ʼn huis in Groblersdal toegeslaan waar daar beslag gelê is op meer as R70 000 kontant, koeëlvastebaadjies van die polisie, ’n .303-geweer en 61 patrone. Die dwelmbaas is by die huis in hegtenis geneem.

“Ná die inhegtenisneming het beamptes die dwelmbaas se sakeperseel deursoek en daar is ook beslag gelê op R29 000, ammunisie vir ʼn R1-geweer en patrone vir ʼn AK47-geweer. ʼn Groot hoeveelheid dagga is ook op die perseel gevind,” het Netshiunda gesê.

Van die agt verdagtes wat tydens die operasie in hegtenis geneem is, is vier Nigeriese burgers en een ʼn Portugese burger. Almal is tussen die ouderdom van 25 en 49, het hy gesê.

Volgens Netshiunda is die ondersoek gedoen ná talle klagtes van inwoners van Groblersdal, Marble Hall en omliggende gebiede ontvang is oor dwelmhandel in hul gemeenskappe.

“Die ondersoek het baie werk geverg, waaronder polisiebeamptes wat hulle as kliënte voorgedoen het en dwelms, meestal Nyaope, by niksvermoedende dwelmhandelaars gekoop het,” het hy gesê. “Veertien transaksies ter waarde van meer as R50 000 is met die dwelmhandelaars gedoen voordat hul bedrywighede Vrydag tot ʼn einde gebring is.”

Die verdagtes sal Maandag in die Groblersdal-landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmhandel, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en die onwettige besit van goud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Liza Opperman ·

Daai .303 kan sekerlik verbind word aan n plaasaanval iewers……

tamboti ·

Mooi werk Valke, seker nie die grootste vis nie maar hy is seker al pan ‘size’.

Henri ·

Dit is wat mens goee Polisiewerk noem. Baie dankie aan elke lid betrokke daarmee. Dit moet ‘n groot verskil maak aan die streek-verskaffing. Indien enigsins moontlik, kan die ouens kom help in JHB, al is dit net om te kom klasgee?

Champ ·

Ek het my nog nooit so verlustig in n inhegtennisname nie, gooi die sleutel weg of nog beter sak hulle sonder kos of water in die diepste mynskag af. Mooi so Valke

Petrus Jansen van Vuuren ·

Baie goeie werk maar, ek dink elke dorp in die Provinsie het n dwelm probleem. Lephalale veral?

Hercu Krüger ·

fantastiese, briljant – ek *salueer* almal wat betrokke was met ondersoek en arrestasies • well done •

Loretta Mauriks ·

UITEINDELIK!!!!!!!!!!!!

BAIE BAIE DANKIE VALKE EN ALMAL WAT BETROKKE WAS.
Nou kan ek darem sê dat my dogter nie onnodig in ‘n REHABILITASIE SENTRUM sit nie.

Oneindige dank van ‘n moeder met ‘n gebroke hart wie se dogter ook in die dwelmsmouse se kloue geval het.

Wonderliker nuus kon ek nie gelees het nie.

Griki ·

Aai, Loretta, baie sterkte vir jou en jou dogter. Sterkstaan, moedhou, vasbyt en op julle knieë bly is al wat sal help. Die eerste en belangrikste tree, dat sy in ‘n rehabilitasiesentrum is, is reeds gegee. Mooi loop vorentoe en ek bid vir julle.

Theresa ·

Die valke kan verseker Lydenburg kom besoek….Well done ouers!!

Barend ·

Baie baie mooi julle. Hou so aan. Daar is verseker baie in ons streek. (Bring daai mense vir die gemeenskap. Ons sal met hul maak soos in die Bybel se tyd). Alle ouers is moeg vir die anti-Christelike optrede. Mag die gereg sy gaan-gaan en die regte Straf uit gedien word. Hoop nie daar is weer n braip storie en more loop hul dieselfde ding en doen op straat nie. (Dit is mos hoekom ons ou garde polisie manne wat ysters is uit die DIENS WEG IS, daar is mos nie meer MAG nie. Jare terug- het ons almal dit as polisie mense in die Mag geken. Hulle vang mos tans die laaste paar jaar elke week dieselfde misdadigers en more is hul weer OP STRAAT.

Daar is mos mense regte vir die misdadigers, so loop SA se eier mantjies leeg oor ons patetiese wetgewing is SA.

Voorbeeld
1) Verdedig jy jouself- maak die aanvaller n saak van aanranding teen jou. Dan wil hul jou Toesluit
2) Word jou eiendom gesteel ( bv .grassnyer ens ) en jy vang die skelm, word jy aan gekla vir aanranding. ( Hoe vang jy anders n skelm om nie hard handig op te tree nie). Dit is mos nie jou hondjie wat jy roep om te vryf nie

3) As jou pensioenaris ouers gejaag en geagtervolg word deur Zimbawiese perone oorrompel word 21h00 die aand. Jy dan as man (seun-oog appel-beskermer_sekuriteit, noem dit wat jy wil)dan die Zimmies jaag-aftrek en uitsort! Word daar deur die polisie vir die Zimmies gevra “how can we help you?”. Onmiddelik draai alles terug! Die moontlike plaas aanval op ou mense nie ter sprake nie. Die moontlike roof! Nie ter sprake nie. Jy is skuldig, jy was hard handig en moet nou die Patat wees omdat die aavallers nie soos mak hondjies wou stop en nader kom toe jy hulle roep en agterna jaag-toeter slaan aan mekaar vir meer as 1.5km. Die wetgewing is pateties.
4) So kan mens maar. Aan gaan en voorbeelde noem en noem en noem

Sterkte vir almal. Ons is in n stryd. Glo, vertrou en bly op die kniee

Magdalena Pretoria ·

DANK DIE HERE! ! AMEN! Baie dankie aan die polisie se goeie werk!!! Darem 1 dwelmbaas agter tallies! ! ! Hoop die landdros stuur hom v altyd tronk toe!

Adriaan ·

Baie goeie werk. Daar moet meer sulke goeters gedoen word.

GES ·

Lekker vet en uitgevreet van al die geldjies wat met dwelms gemaak is.

Stephan ·

In korrekte Afrikaans praat ons van patrone…nie koeëls nie…

Sune van Heerden ·

Dagsê Stephan

Baie dankie vir jou kommentaar, ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.