Limpopo-egpaar op hoewe oorval, vasgebind

Argieffoto: Nico Strydom

Die polisie in Limpopo is op die spoor van drie verdagtes wat na bewering Saterdag ʼn egpaar op ʼn kleinhoewe buite Phalaborwa in hul slaap oorval het.

Lt. kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê drie gewapende mans met klapmusse het in die vroeë oggendure van Saterdag toegang tot die huis op die Grietjie-kleinhoewes buite die dorp verkry waar die egpaar en hul kind in die huis gelê en slaap het.

Die aanvallers het die man wakker gemaak en aangedring op kontant terwyl hulle hom aangerand het. Daarna het hulle die man en sy vrou vasgebind waarna hulle die huis deursoek het.

Volgens Ngoepe het die drie met twee skootrekenaars, ʼn hardeskyf, selfone, skoene en bankkaarte in die slagoffers se silwer Ford Everest op die vlug geslaan.

Die egpaar kon daarin slaag om hulself los te wikkel waarna hulle die polisie ontbied het. Dit kom voor of die kind ongedeerd is.

Die egpaar se voertuig is etlike kilometers daarvandaan op die R71 gevind. Daar was egter geen teken van die verdagtes nie, het Ngoepe gesê.

Ngoepe kon nie bevestig of die egpaar beserings tydens die voorval opgedoen het nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

schaun ·

En van die ondersoek sal dadels van kom veral as die polisie dit moet ondersoek ,kan fidelity guards nie die ondersoek oorvat nie ?

Kaleb ·

Gemeenskapspolisiegroepe moet hitec gaan met drones en internet of things dan sal ons veilig wees.

Helena. ·

Ek dink ook dit neem toe. Als is deurmekaar en word erger. Stel jou voor, mense wat slaap word oorval. Onskuldige mense slaap en pla niemand..ek sal baie ouer en wyser moet word om dit te kan verstaan.

Pieter du plessis ·

Die polisie het nie slim mense vir hire apparaat nie.

$ ·

Die man is aangerand; sekerlik sou hy beserings opgedoen het.

Dieselfde vraag word oor en oor gevra – ons kry nooit antwoorde nie: waarom is die klag slegs huisroof, wat van aanranding met die doel om ernstig te beseer of poging tot moord?

Maar druk ´n ou in ´n doodskis om hom skrik te maak sonder om hom aan te rand dan is dit poging tot moord en jare se tronkstraf.

Phil ·

Is daar iemand wat boekhou van hierdie aanvalle? Dit wil vir my voorkom of dit voor die verkiesing minder geraak het en nou na die verkiesing weer aan die toeneem is. Die polisie het net voor die verkiesing ook baie deurbrake en inhegtenisnemings gemaak, maar dit blyk nou weer aan die afneem te wees…

Adam ·

Phil, die aanklag is altyd vir die ernstiger misdyf en roof is ‘n baie ernstiger misdryf as aanranding met die opset om erntig te beseer. In die strafreg is daar ook iets soos bevoegde uitsprake, wat gewoon beteken dat indien daar vir ‘n ernstiger misdryf aangekla word kan die beskuldigde aan die mindere misdryf skuldig bevind word indien die staat nie al die elemente van die meerdere misdryf kan bewys nie. Die afwesigheid van poging tot moord in die geval is dat daar waarskynlik nie ooglopende beserings was wat aaanduidend was dat iemand gevaar geloop het om sy/haar lewe te verloor nie.

TLC ·

Phil presies my gedagte ook
Ek maak in die laaste tyd MM oop en lees net opskrifte want ek kan die gevalle nie meer hanteer nie
My kinders trek oor 2 weke na hul eie plek Ek sit dan alleen met 2 klein honde en drie katte
My huis is ook in die mark maar om 26 jaar se memory net agter te los is baie erg vir my en dan waarheen gaan ek Dan verskyn die berigte elke dag en ek krimp inmekaar
So bly julle lewe
Amen

Lana ·

… en aangerand.
SAPD is belaglik met die sake wat ondersoek word. Baie snaaks, maar in sommige gevalle word die regte sake wel ondersoek. In meeste van die gevalle is dit egter verkeerd.
Wonder of dit te doen het met die feit dat daar net ‘n handjie vol van die ouens in blou is wat die regte opleiding gehad het?
Of het dit dalk met elkeen van hulle se persoonlike politieke oortuigings te doen en wil daarom statistiek vervals?

Adam ·

Ek vertrou die gemeenskap sal hierdie gesin omarm en bystaan tydens hierdie trauma en is dankbaar dat hulle lewens gespaar gebly het en wens hulle baie sterkte toe. Dit is NOU tyd vir die regering om te sorg dat daar genoeg geld beskikbaar gestel word vir die SAPD om sy werk behoorlik te kan doen en ook om lede aan te stel van die vereiste standaard. Die tipe kriminaliteit is die gevolg van enorme werkloosheid en ‘n totale disrespek vir die gereg.

Josua Keys ·

Dit klink stupid, maar ek dink die polisie moet privatiseer soos sekerheids besighede in SA, as ek op youtube kyk hoe van die G4S en Fedilty, Coin manne geld probeer beskerm met hul voertuie nadat hulle in n rooftog betrokke was kan ek net dink wat sou gebeur het as die reg hulle toegelaat was om dit op die regte manier te doen, rowers sal baie gou veral hier is SA van die aardbol verdwyn en ons land sal in minder as n jaar terug keer na wat dit eens was, die ouens het meer guts as ons polisie en weermag saam.

Pieter du plessis ·

Josua, ek stem 100% saam dit is al wat vir hulle oorbly want hulle is soos n kruiwa as jy hom ontplooi gaan jy hom na n jaar nog daar kry geen inisiatief of insig nie.

Jerry ·

Vertikale struture teen die staat se struture vir plaasbeveiliging wat gestig was deur een of ander burgerregte forum lyk al hoe meer na n bemarkingsfoefie. Die statistiek vir plaasaanvalle en plaasmoorde laat die forum se beveiligingsrekord regtig sleg lyk! Ek sou myself doodgeskaam het as ek die forum was. Die volk wie lede is van die forum gaan die forum tot orde moet roep anders sal hierdie aanvalle nooit stop nie.

Sefregering gou ·

VF plus julle moet gou aan die werk spring met selfbeskikking want ons sal onsself moet begin oppas, dis ons reg.

Pieter du plessis ·

Stem ons is seker een van min lande wat met sulke patetiese polisie moet sit.

Johan ·

Huisroof….. Sjoe. Klink vir my erger as dit. Dit sal ook net stil raak.

Attie. ·

Gelukkig het hulle met ‘n Ford gevlug en die het die skelms gou gestop vir die gevaar van vuur in die engin. So danksy Ford weet hulle min of meer waar die skelms is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.