Limpopo-gru-botsing: Dodetal styg

Die bakkie se wrak. Foto: SAPD

Die bakkie se wrak. Foto: SAPD

Die dodetal in Woensdagoggend se gru-botsing in Limpopo het tot 15 gestyg nadat ʼn vrouepassasier in ʼn hospitaal in Mokopane aan haar beserings beswyk het.

Maroela Media het vroeër berig 14 mense is dood toe ʼn dubbelkajuitbakkie, waarin heelparty mense gereis het, en ʼn vragmotor omstreeks 02:00 reg van voor op die R101 tussen Mokopane en Naboomspruit gebots het. Die bestuurder en die vrou het aanvanklik oorleef. Die bestuurder is nog in die Polokwane-hospitaal. Die bestuurder van die vragmotor het geringe beserings opgedoen.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die oorledenes is op een na almal Zimbabwiërs. Die ander persoon is van die Kongo. Sy het gesê ʼn tweejarige kind is onder die oorledenes.

“Die identifikasieproses is steeds aan die gang, maar word bemoeilik weens die ernstige beserings wat die mense opgedoen het,” het sy gesê. “Meer inligting sal bekend gemaak word sodra die naasbestaandes hul familielede uitgeken het.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Berhalet Beukes ·

As ek lees hoeveel plaasmoorde en selfs moorde deur buitelanders gepleeg word vind ek dit bitter moeilik om simpatie te voel. Almal sluipl oor ons grense, gaan soos besetenes in ons land aan en dit hou net nooit op nie.

Nadia Verster ·

Stem 100% saam Berhalet.
Maroela moet vir ons ‘n “Like” knoppie maak :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.