Limpopo-hoë moet opdok vir reuseselfoonrekening

Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (Foto: ANA)

Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, het aanbeveel dat Lehlogonolo Masoga, die adjunkspeaker van die Limpopo-wetgewer, ʼn telefoonrekening van R125 000 moet terugbetaal.

Die rekening is glo beloop terwyl hy in Augustus 2014 op ʼn amptelike reis na Amerika was. Daar word beweer dié reuserekening is in een maand beloop. ʼn Groot deel van dié rekening is glo weens die koste van pornografie-kyk veroorsaak.

Die wetgewer het die rekening betaal.

Mkhwebane het Maandag in haar verslag oor die aangeleentheid gesê die bedrag van die rekening is onredelik hoog in vergelyking met ander lede van die wetgewer wat saam met hom op dieselfde reis na Amerika was.

Mkhwebane het gesê Masoga het nie ʼn hoë standaard van professionele etiek gehandhaaf om te verseker dat die staat se hulpbronne doeltreffend gebruik word nie. Sy het Masoga 60 werksdae gegee om die geld terug te betaal.

Sy het verder Maandag tydens ʼn perskonferensie ʼn verslag oor verskeie ondersoeke wat sy uitgevoer het bekend gestel. Sy het gesê in die 20 maande wat sy in haar pos aangestel is, het sy meer as 25 000 klagtes ontvang. Volgens haar is meer as 21 000 daarvan reeds uitgestryk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ekstra ver links ·

But the ANC loves this type of entertainment at parties, and although it is expensive, the massas must know the leaders of our demographically elected government is entitled to this behaviour, we the common man must respect their luxuries.

DG ·

Ekstra ver links dit sal goed wees as jy bereid sal wees om vir sy verslawing te betaal maar moenie se ons belasting geld moet daarvoor betaal nie. Watter tipe werk doen hy as hy heeldag tyd het om na pornografie te kyk en dan nog n salaris kry?

Buks Barnard ·

Beloop? Dink julle nie julle moet iemand kry om julle te help met basiese Afrikaans nie?

HAT ·

Beloop: ww.-1) Bedra: Die onkoste het tien rand beloop. 2) Hom versprei oor: Met bloedbelope oë, met bloed in die wit van die oog. s.nw.- Gang: Die beloop van ‘n saak. Die ou wêreld se beloop. Dis wat ek sê want ek is ‘n ‘Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal’.

Anoniem ·

buks barnard dis baie maklik om krities te wees sonder n oplossing. Watse woord sou jy daar gebruik het?

Pierre ·

Hulle moet dalk n steekproef neem! Dat n ou jou so in skuld in kan kyk!!

GM ·

Haha, Skerp Pierre! @Buks, African News Agency se berigte is dikwels vol taalfoute, maar die woord ‘beloop’ bestaan wel.

Mielie ·

Ek het al gehoor van mense wat hul werk verloor het omdat hul werkgewer se aparate gebruik het om toegang tot sulke ww te verkry. Daar is ook mense wat hul werk verloor het agv van hoë rekeninge vir privaat gebruik. Wat het van die persoon geword. Weereens reëls vir een lot mense en reëls vir n ander lot wat aangepas word soos dit hulle pas

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.