Limpopo-huis afgebrand; toerusting vernietig

Foto: SABC News

Foto: SABC News

Toerusting van die Bokoni-platinummyn is vernietig en ʼn huis is aan die brand gesteek buite Burgersfort in Limpopo.

“’n Dubbelverdiepinghuis van ʼn hoofman is Maandagaand aan die brand gesteek, maar het nie afgebrand nie,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die skade word egter beraam op ongeveer R500 000.”

Vragmotors en bakkies van die myn is ook aan die brand gesteek. Die toerusting is by die man se huis gestoor.

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Mulaudzi gesê. Die polisie ondersoek sake van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

Die SAUK het berig dat die hoofman mynontploffings in die gebied goedgekeur het, maar ʼn man, wat sweiswerk in Masonti Ga-Selepe gedoen het, is as gevolg daarvan oorlede. Volgens die berig het ontstoke inwoners besluit om die reg in eie hande te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.