Limpopo-leerder neem eie lewe

Een van die gange in die koshuis. Foto: http://www.hansies.co.za/

Een van die gange in die koshuis. Foto: http://www.hansies.co.za/

Die Hoërskool Hans Strijdom in Mookgopong (Naboomspruit), Limpopo, is Dinsdag gesluit nadat ʼn matriekleerder se liggaam Maandagaand in die koshuis gevind is.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die meisie het haarself vermoedelik gehang. Haar liggaam is omstreeks 18:45 deur haar kamermaat in hul koshuiskamer aangetref.

“Sy het nie ʼn brief gelos of enigiets nie. Sy is oorspronklik van Mokopane (Potgietersrus) en haar ouers woon steeds daar,” het Otto gesê. ʼn Geregtelike doodsondersoek is begin, maar die polisie vermoed geen vuilspel nie.

Intussen het die skool ʼn boodskap op sy Facebook-blad geplaas om ouers en leerders in kennis te stel dat die skool gesluit sal wees. “As gevolg van ʼn dramatiese gebeurtenis by die skool is daar môre, Dinsdag, geen skool nie. Ons sal môre ʼn verklaring uitreik. Dis nie ʼn grap nie. Laat weet asb. alle ander leerlinge.” [sic]

Die skool het die eksamenvraestel wat Dinsdag geskryf sou word, uitgestel na die eerste Dinsdag nadat die skole heropen. Eksamens sou Woensdag soos normaal voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

ladybug ·

Ai, kinta, so jonk … Hoop jy’t nou vrede en rus gevind.

Sterkte aan die familie, vriende en skoolmaats

Theresa ·

Ai dis bitter hartseer en so onnodig. Ouers, julle moet gereeld met julle kinders praat sodat hulle die vrymoedigheid het om na julle toe te kan kom met enige probleem – hoe groot of hoe klein. Sterkte aan haar maats en ouers. (Die hele skool).

SNEL ·

Daar is so baie hartseer en elende daar buite. So jammer dat iemand voel dat daar geen hulp of uitkoms is nie en veral nog as dit so jong persoon is wie se hele lewe voor hulle lê. Ai, hartseer om dit te lees. Baie sterkte aan die ouers en familie.

magriet ·

sterkte aan haar familie en die kamermaat wat op haar afgekom het

Eliza-beth ·

As iemand depressief is – soos in ERG, besef hulle nie eers daar is hulp nie. Hulle is in so ‘n donker plek dat hulle geen ander uitweg sien as selfdood nie. In hulle kop glo hulle dta hulle nie gehlp kan word, dat daar niks is wat iemand kan doen vir hulle nie. Onverstaanbaar vir ek en jy, maar dis hoe erg dit werklik vir sommiges is.Mag sy nou vrede hê. BAIE sterkte aan ouers, familie en vriende, dis ‘n lang en moeilike pad vorentoe….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.