Limpopo-man doodgeskiet, vrou verkrag tydens huisbraak

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 30-jarige man is in sy bed doodgeskiet en sy vrou deur twee mans verkrag gedurende ʼn huisbraak Maandag in die vroeë oggendure.

Maj. Mashudu Malelo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het in Thohoyandou in Limpopo plaasgevind. Twee verdagtes het die egpaar se kamervenster gebreek om toegang tot die huis te verkry. Hulle het die man in sy kop geskiet en albei verdagtes het die vrou verkrag, voordat hulle gevlug het. “’n Selfoon is na bewering gesteel,” het Malelo gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, twee van verkragting en huisbraak. Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.

Malelo het ʼn beroep op mense gedoen om met hul naaste polisiestasie in verbinding te tree indien iemand meer inligting oor die voorval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Jana ·

Ag my genade, dit alles vir ‘n selfoon…! Hoe hartseer is dit nie!

Simon Marais ·

Dis was beslis nie net vir die selfoon nie. dit was by-saak…

Adri ·

‘n Jaar terug het ons ook voor ‘n graf gestaan van ‘n 31jarige jong man wat koelbloedig vermoor is.

Pops ·

Vermoor vir ‘n selfoon, REGTIG!!! Dit is onaanvaarbaar! Toe mnr die President, nog ‘n goeie storie vir jou om te vertel. Jou stories word al hoe mooier!!!!

AntiPiet ·

My hart gn uit na die vroutjie wat so getraumatiseer en verneder is en dan bo alles die verlies van haar man. Mag ons Vader haar vertroos en versterk in die moeilike tyd.
Dit is egter nou net hier waar ons moet opstaan uit die as uit en vir die regering en sy leier moet sê tot hiertoe en nie verder nie. Ons het die reg vlgns art 10, 11 en 12 van die Grondwet van die Rep van SA, 1996, (10 menswaardigheid, (11) die reg op lewe en (12) vryheid en sekerheid van persoon, art 205.3 en meer…
Na ons geagte Staatspresident se ondeurdagte uitsprake Sondag 24 Mei 2015 tydens Afrika vieringe, waartydens hy weereens soos in die verlede n veldbrand van moord en roof en ander misdade aan die brand gesteek het deur sy aanhitsende aanmerkings, is dit tyd dat iemand voet neursit en hom, die geagte Pres van SA persoonlik en siviel aanspreeklik hou vir die gevolge van sy aanhitsende uitsprake en begin finansiële eise teen hom en sy regering asook polisie instel vir verliese, trauma, ens. Hierdie aangeleentheid behoort ook strafregtelik aangespreek te word en tot in die hoogste howe in SA en indien nodig na die EU geneem te word.
Niemand is verhewe bo die reg nie!!!!

zak ·

Ek stem saam dat ons nou iets daadwerkliks moet begin doen om die nonsens te probeer stop.

ahpdeb ·

Nou hoekom doen jy nie “iets” nie, dit moet altyd “iemand” anders wees wat hul hande vuilmaak.

Theresa ·

Ek moet liewers nie hier kommentaar lewer nie………………………..!!!!!

pop ·

Wat kan ons nog hier se wat nie al holrug gepraat is nie. Ek kan nie meer bid nie, want dit voel vir my God het ons verlaat.

KarooKlong ·

Pop, wanneer dit vir jou voel of God jou verlaat het kan jy verseker wees dit is net jou gevoel. Dit is dan wanneer God ‘n ruskansie neem en toekyk hoe jy op jou eie vaar. Glo my, God is altyd naby.

Elmarie ·

Dagvaar mnr Zuma vir elke moord op ons mense genoeg is ook genoeg staan saam en doen iets hulle vermoor broonwinners vir n foon pateties en moeg vir a die dinge van korrupte land

Elmarie ·

Dagvaar die staat vir elke moorrd geen moord is aanvaarbaar nie ons is siek en sat vir als in die land

Marlene ·

Dis duidelik dat Zuma en sy komediante beheer verloor het oor die massa. Hierdie land is onregeerbaar. En Zuma en sy sirkus lag ons uit! My simpatie met hierdie familie. Dit kon myne of joune gewees het. Ek haat Suid Afrika want ek kan nie eers met my kleinkind in ‘n motor kar winkel toe ry sonder om te vrees dat die ergste kan gebeur! Waarin begewe ons ons self?

Paul ·

Die staat,of te wel die agbare president sal nooit die moorde en diefstal stop nie,,, hy en sy trawante maak groot geld daaruit,,,as iemand vermoor word is daar boedel belasting,,,as hulle steel betaal die versekering of hulle vervang jou goedere,,,daar is belasting op die transaksie,(VAT),,,heel eenvoudig,,meer vir hulle om te verkwis op allerhande dinge,,,,

Andre ·

Niks gaan verander nie! Al skreeu ons blou moord.
ons het net twee keuses.
1) verlaat die land.
2)kry jouself en jou gesin weerbaar .

Dit klink eenvoudig. Maar dit is belangrik dat ons besef ……ons staan alleen en ons sal onsself moet beskerm teen die uitvaagsels.

Johann Fouche ·

Solank ou Zuma voortgaan met sy opruiende op en aanmerkings sal die wetteloosheid in die land voortduur. Die verval is al te groot om gekeer te word. Slegs God kan die land van totale veval red.

John McDermott ·

Sedert 1955, toe ons uit Katuma,die destydse Rhodesia dorpie gevlug en getrek het , was daar die berugte Mau Mau voorvalle in die noordelike dele en groot onrus.Daar is n duidelike ooreenkomste tussen SA en Zim se moorde van destyds .Die wrede maniere wat wit mense daar vermink en vermoor !Dit is nog altyd in my gedagtes en kan dit vandag nog nie uit my gedagtes kry nie! Mense verstaan nie wat trauma van die aard aan n mens se persoon maak nie! Die een beeld wat my altyd sal bybly elkekeer as ek foto’s in berigte sien van mense wat so wreed vermink was. Een so berig in Rhodesiese koerant was van n seun so tussen 10/14 oud ,wie se arm afgekap was met n oorlosie nog aan sy pols ,waar hy op sy maag onder die bome in die pad gele het. Vir my is hierdie die enkele voorbeeld uit verlede dat hierdie land net soos Zim in n graf insak omdat die aard van n groot meerderheid swart mense se wrede natuur gedy onder hierdie bestel in hierdie land. Zim se uitlatings is niks anders as n voortsetting van die barbaarse haat en moord geaardheid van jare terug. Om uitlatings van die Zim regering ligtelik opteneem is om jouself te blinddoek asook ons land se regering wat geen poging aanwend om nie dieselfde patroon te volg nie. Die invloed van ons noordelike bure is baie duidelik sigbaar in ons land en steek barbare hier ook aan.Die wat dit wil ontken of wegredeneer,kan verseker weet hierdie is maar die begin van groot moeilikheid . Na 60 jaar is ons waar 1950’s begin het, moord moord moord!!! En wie gee om ??? Net die wat deurgeloop het en hulle families en vriende! Maw dit wat jy sien en ondervind glo en weet jy is feite , die res vee hulle af en noem dit wensdenkery en rassisme ! Intussen vloei die bloed en die dood maai onder ons mense!Dis Offerland! Geen politiekus of geleerde menere gaan my oortuig nie. Laat my dink hoe hulle Oom Jaap van die HNP uitgelag het en met eiers gegooi het in n Witbankse skoolsaal in 1968! Laaste lag die lekkerste maar in die geval ,te laat gaan ons wakkerskrik uit ons diep slaap!

Winifred-Ann Watson ·

What is going on at the moment is not robbery, how can you shoot a person in their bed then rape his wife and take a cell phone. Who brakes into a house and rapes a 7 month pregnant woman, who hijacks a car with a 5 yrs old child in it, then stabs the child several times and throws them out the car? Do you believe robbery is the motive, if you do then something is very wrong.

Phillip ·

Mense word wakker.Ons lewe nou in die spreekwoordelike wilde weste.Wapen julleself ,kry ordentelike opleiding met die wapen EN VERDEDIG JOUSELF.Dit help nie ons kerm nie niemand anders gaan help nie .Wees bedag en skiet om dood te skiet.Moenie die lydende party wees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.