Limpopo-man glo in wraakaanval met klippe doodgegooi

Argieffoto Foto: enca.com

Argieffoto Foto: enca.com

ʼn 30-jarige man is Vrydag met klippe doodgegooi, vermoedelik deur ʼn groep Ethiopiërs wat die reg in eie hande geneem het, ná ʼn 38-jarige Ethiopiese man Donderdag vermoor is.

Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in Tiyani naby Makhado in Limpopo plaasgevind. Bayani Tabeno (38) is omstreeks 19:30 die aand in sy kamer deur drie onbekende mans aangeval wat geld by hom geëis het.

Een van die verdagtes het Tabeno twee keer in die maag geskiet. “Die verdagtes het Tabeno se kamer omgekeer en van die toneel gevlug. Hy is later by die Tiyani-gesondheidsentrum dood,” het Otto gesê.

Die volgende dag is Grate Mahlaule (30) na bewering ook deur ʼn groep Ethiopiërs en ander lede van die gemeenskap met klippe, stoele en ʼn staalpyp aangerand. “Die groep het glo vermoed Mahlaule het [Tabeno] vermoor,” het Otto gesê. Mahlaule is op die toneel dood.

Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie. Twee aanklagte van moord word ondersoek, het Otto gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Hoekom? Hulle volg maar net die mense van ons land se voorbeeld “xenefobia” (waarom geld dit net vir sekeres?)

Winston ·

Hierdie is soos meeste gemors in die land, weereens die dooie stilswyende regering en president van SA se skuld. Indirekte moordenaars. Alles bly n “uitdaging”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.