Limpopo-man se verkoolde lyk in pad gevind

Die polisie op die toneel. Foto: Verskaf

Die polisie op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn 59-jarige man van Limpopo se verkoolde liggaam is Donderdagoggend op ʼn grondpad aangetref.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die man het omstreeks 05:00 sy huis in die Ga-Mphethi-nedersetting buite Lebowakgomo verlaat om sy daaglikse take in ʼn nabygeleë nedersetting te gaan verrig.

“ʼn Groep verdagtes het hom kort daarna aangeval, aangerand en aan die brand gesteek. Die polisie is omstreeks 08:00 na die toneel ontbied, waar die man se verkoolde liggaam in die pad gevind is.”

Die polisie vermoed die moord hou verband met inwoners wat die reg in eie hande geneem het.

“Die man en sy vrou se huis is verlede jaar in November afgebrand nadat inwoners hom beskuldig het van die dood van die vierjarige Revenge Mphethi, wat verdrink het. Nadat die egpaar se huis afgebrand is, is hulle met die hulp van familielede in Ga-Mphethi hervestig.”

Die Mecklenburg-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.