Limpopo-man vas na hy glo ouma verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Sondag in hegtenis geneem nadat hy glo sy 82-jarige ouma in Bolobedu in Limpopo verkrag het.

“Die 24-jarige, wat saam met sy ouma bly, het die huissleutel geëis en sy het dit onderdeur die deur gegooi,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die verdagte het die huis betree, die verswakte bejaarde aangeval en haar gewurg totdat sy haar bewussyn verloor het. Hy het haar daarna glo verkrag.”

Die ouma het later bygekom en bure in kennis gestel van die voorval. “Hulle het haar dogter en die polisie ontbied,” het Mulaudzi bygevoeg.

Sy is na ʼn hospitaal geneem en is steeds in ʼn ernstige toestand.

Die man sal na verwagting Maandag in die Bolobedu-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ai tog ·

Jasper & Peter die kinders rook goed wat hulle heeltemal buite beheer maak nie almal is barbare nie “drugs” kan ‘n sageaarde kind/man verander in ‘n monster. The devil at work !!!!!!

Jasper ·

Moderator, my kommentaar is verwyder. Het ek enige iemand sleg gesê, beledig of vuil taal gebruik ?

JJOBSON ·

Verkragting word deesdae as i SPORT beskou want die heroes kom skotvry al word hulle verhoor- Min Fekile laat jou STEM in die HOF hoor.

Drieks ·

ANC, jul het al 20 jaar die SAUK, begin met ouer opvoeding asseblief….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.