Limpopo-munisipaliteit gee groen lig vir NGV

Argieffoto (Foto: StockSnap, Pixabay)

Die oorgrote meerderheid van mense van die Thulamela- plaaslike munisipaliteit in Limpopo het die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering (NGV) verwelkom.

Dr. Sibongiseni Dhlomo, voorsitter van die portefeuljekomitee oor gesondheid, het in ʼn verklaring gesê die komitee is sedert Vrydag in die Limpopo-provinsie om die mense van dié provinsie geleentheid te bied om hul siening oor die wetsontwerp bekend te maak.

Thulamela- plaaslike munisipaliteit het die eerste been van die verhore in die provinsie aangebied waar die meerderheid van persone, in ʼn volgepakte Makwarela-gemeenskapsaal, die wetsontwerp verwelkom het.

“Die mense van Vhembe-distrikmunisipaliteit het aan die komitee gesê die instelling van die NGV is al lank agterstallig. Hulle wou by die komitee weet hoe die NGV bestuur gaan word, aangesien hulle reeds vol verwagting uitsien na die implementering daarvan,” het Dhlomo gesê.

“Hulle het die parlement gemaan om seker te maak dat daar sterk maatreëls in plek gestel word om die implementering van die NGV te beskerm teen alle vorme van bedrog en korrupsie en aan die komitee gesê ongedokumenteerde uitlanders moet nie onwettig voordeel trek uit die NGV nie.”

Dhlomo het bygevoeg die NGV is die finansieringstelsel wat sal seker maak dat alle Suid-Afrikaanse burgers en wettige langtermyn inwoners noodsaaklike gesondheidsorg ontvang, ongeag hul indiensnemingstatus en vermoë om ʼn direkte monetêre bydrae te maak tot die NGV.

Die Vhembe Health Traditional Forum, vakbondfederasie Cosatu, en die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) was Vrydag by die verhoor teenwoordig.

Die komitee het reeds openbare verhore in Mpumalanga en die Noord-Kaap gehou. Ná Limpopo is die komitee op pad na KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.

Besonderhede van verdere openbare verhore in Limpopo is soos volg:
Mopani-distrik, Groter Tzaneen- plaaslike munisipaliteit
Datum: Saterdag, 16 November 2019
Plek: Lenyenye-gemeenskapsaal
Tyd: 10:00 – 15:00

Sekhukhune-distriksmunisipaliteit, Ga-Nkoana
Datum: Sondag, 17 November 2019
Plek: Mabotha-burgersentrum
Tyd: 10:00 – 15:00

Capricon-distriksmunisipaliteit, Polokwane
Datum: Maandag, 18 November 2019
Plek: Jack Botes-stadsaal
Tyd: 16:30 – 20:30

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Kallie ·

Maar natuurlik sal hulle die groenlig gee. Hulle gaan ook nie’n bydrae lewer nie.

jennefer ·

Die ” verhore” was hier op Modimolle ook, baie swak ge adverteer, in werksure, so wie dink julle het dit bygewoon?

Johanna Botha ·

Met watse geld ! …ek gee die groen lig vir n merc …maar sal nie bandstof kan bekostig nie …..tipies anc !

Johann cb ·

Ek glo nie hulle besef die finansiële implikasie van die besluit nie! Gesondheidsorg het reeds gevou soos dit tans is!

Hannetjie ·

Johan cb…dit is juis waarom hulle nou ‘n ander ‘melkkoei’ nadertrek om uit te suip.Hulle neuk alles op en dan moet die privaatsektor help.Die regering is ‘n ‘spons’ wat teer op burgers en besigheidsmense se reserwes.

Daan Erasmus ·

Die mense het JA gesê vir ‘n Nasionale Gesondheid Stelsel wat WERK. KRY EERS die huidige stelsel dat dit werk. Die ja wat daar orals is, is ‘n wekroep na ‘n werk ende stelsel. Nie na die nagmerie wat die regering in ons kele gaan afdruk nie.

Lunsriem ·

Kom ons stel dit onomwonde: Die oorgrote meerderheid van hierdie mense wat die “groen lig” gegee het, het nie n cooking clue waaroor dit gaan nie.
Ek sal nie verbaas wees as T hemde en etenstyd ook op die agenda was nie.

Anoniem ·

Met die ANC kom alles tot niks. Net die Vader kan ons red uit die situasie.

JohanR ·

En daar het jy dit! Die munisipaliteit het die ja woord gegee vir NGV. Begin sommer dadelik uitrol!!

Janna ·

Ja Lunsriem, oral so gee kos en ” ons ” is daar. Die hele storie maak my m- – rig.????

Chivago ·

Natuurlik sal hulle ja stem, met geen finansiele las nie is dit mos ‘n wen-wen situasie.

Penellope Jones ·

Hoekom sal hulle Nie?
Die negatiewe gevolge word verseker nie aan hulle verduidelik nie. . . . .

SjN ·

En al die genoemde munisipaliteite kom nie eers hul basiese verpligtinge na nie, besluit spreek boekdele.

HEVW ·

So is deeglike inligting en gesonde beredenering weereens nie die norm nie. Die regering gebruik maar weereens die massa onkundiges om hul onderduimse planne op almal af te dwing

Ander Koos ·

anc het klaar besluit, inset vergaderings is net oëverblindery… dieselfde pad as o s v…. dit gaan gebeur

ramp-maphosa ·

Mense ons kan kla tot ons blou is. Enigste alternatief is selfbeskiing. Eie Volksstaat. Soos Isra’el ‘n plek waar daar niks is nie en mens oor kan begin en niemand aanspraak daarop kan maak nie.

Martin ·

Regering het reeds besluit, almal sal presies dieselfde behandeling kry ( net soos in die staats hospital) staat besluit watter Dokter jy mag besoek, medikasie wat gebruik mag word. Privaat fondse mag net dekking gee vir dit wat die staat nie dek nie en sal stelselmatig uitgefaseer word. Net nog n staats instelling met korrupsie en bedrog en die hele gesondheids diens gaan in duie stort. Polmed can (SAPS) het reeds aansoek gedoen om nie deel te wees van die nuwe NGV nie, want hulle weet wat kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.