Limpopo-ongeluk eis 4

Foto verskaf deur SAPD Limpopo

Die polisie in Lebowakgomo in Limpopo ondersoek ʼn saak van strafbare manslag ná vier persone dood is toe twee motors mekaar reg van voor getref het.

Die ongeluk het Vrydagmiddag omstreeks 15:00 op die R579 langs Sapanapudi plaasgevind, het brig Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê.

Drie van die oorledenes, ʼn man en twee vroue, was in ʼn rooi Toyota Corolla. Die ander oorledene het alleen in ʼn donkergrys Mazda 3 gery. Die name van die slagoffers is nog nie bekend nie.

ʼn Ondersoek na die oorsaak van die ongeluk duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae