Limpopo-ongeluk: Leerlingonnie ‘was sonskynmens’

Lenisè Janse van Vuuren. Foto: Verskaf

ʼn Gedenkdiens vir Lenisè Janse van Vuuren (19), die leerlingonderwyseres van Phalaborwa in Limpopo wat Saterdag saam met drie ander mense in ʼn trompop botsing gesterf het, sal Vrydag in die dorp gehou word.

Rina Coetzer, Lenisè se ouma, het Maandag aan Maroela Media gesê talle familielede, vriende, leerders van Laerskool Phalaborwa (Groenskool), waar Lenisè gewerk het, en leerders van skole in Tzaneen, waar sy op hoërskool was, sal die gedenkdiens bywoon.

Maroela Media het vroeër berig Lenisè, Frank (41), Celesté (40) en Franko Streicher is Saterdag oorlede nadat die voertuig waarmee hulle gery het op die R71 naby Gravelotte reg van voor met ʼn vragmotor gebots het. Janco Oberholzer (6), Franko se maatjie, het die ongeluk oorleef en word tans in die waakeenheid van Mediclinic Tzaneen behandel.

Volgens Lyndie Raath, Lenisè se ma, het Lenisè se suster, Lizani, haar gebel kort nadat die ongeluk gebeur het. “Lizani wou by my weet saam met wie Lenisè gery het en ek het vir haar gesê sy het saam met die Streicher-gesin gery. Lizani het histeries begin huil en gesê dat die Streicher-gesin in ʼn ongeluk was,” sê Lyndie. “Ek het haar kalmeer en vir haar gesê om ons by die ongelukstoneel te kry.”

Volgens Lyndie het sy en Lenisè se stiefpa, David, hulle dadelik na die toneel gehaas. “Ek het by die voertuig gestaan totdat hulle Lenisè se liggaam uit die motor gehaal het. Ek het net vir hulle gesê, ‘Dra haar mooi, dit is my kind’,” sê Lyndie. “Ek het langs haar op die gras gesit en haar hand vasgehou. David en Lizani het ook elkeen afsonderlik ʼn tydjie geneem om by Lenisè te sit en haar hand vas te hou.”

Lenisè Janse van Vuuren. Foto: Verskaf

Lenisè was ʼn oudleerder van Laerskool Phalaborwa en het aan die Hoërskool Ben Vorster matriek behaal. Ná skool het sy as leerlingonderwyseres onder leiding van Marietjie Otto by Laerskool Phalaborwa begin werk en sy sou later vanjaar met haar studie in onderwys begin. “Dit is asof Lenisè se skool- en beroepsloopbaan in ʼn volmaakte sirkel voltooi is,” sê Lyndie.

Volgens Coetzer vind die familie berusting in die feit dat Lenisè baie na aan die Here geleef het. “Ons sal haar altyd onthou vir die passie wat sy vir kinders gehad het. Sy was so lief vir al die kinders vir wie sy skool gegee het. Die kinders was mal oor haar. As jy net die briefies kon lees wat hulle vir haar geskryf het, dit is so kosbaar,” sê sy.

“Lenisè was ʼn sonskynmens wat haar lewe voluit geleef het. Sy was ʼn rustige mens wat elke dag dieselfde was. En daar was nie een mens met wie sy te doen gekry het in wie se hart sy nie voetspore agtergelaat het nie. Ons sal altyd net die heel mooiste herinneringe van haar hê.”

Lenisè se gedenkdiens sal Vrydag om 14:00 in die Inhouse-leefstylsentrum in Phalaborwa gehou word. Sy word oorleef deur haar ma en stiefpa, Lyndie en David Raath, asook haar suster Lizani en broer Schalk.

Lenisè laat ook haar pa, Wikus Janse van Vuuren, en haar sussie, Abbey Janse van Vuuren,, agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Lynette ·

My innige simpatie met familie.en vriende….ek huil nou so.vir hierdie onbekende dogter.

Magda ·

Baie hartseer. Ek ken nie die mense nie maar ek treur saam. Dis ñ baie harde slag. Sulke lieflike mense. Sterkte aan almal.

Middelburger ·

Absoluut tragies! Baie sterkte aan hierdie gesinne met hulle enorme verlies

rb ·

Liewe Lyndie.
As ñ vrou/man hul lewensmaat aan die dood afstaan is hul weduwee/wewenaar
As kinders hul ouers aan die dood afstaan is hulle wees kinders
MAAR
vir ñ ouer wat haar kind aan die dood afstaan, is daar nie ñ woord nog ooit opgeteken nie. Dit is letterlik en figuurlik ñ onbeskryflik seer.
My inige simpatie.

SUSAN MEINTJES ·

♥♥ MAG DIE HEMELSE VADER JULLE STYF VASHOU IN HIERDIE TYD!GEEN OUER WIL ‘N KIND BEGRAWE NIE!

al ·

Dis baie tragies en hartverskeurend. Ons verstaan nie altyd waarom ñ goeie mens wie nog soveel positiewe bydrae op aarde kon lewer, so vroeg weggeruk word nie. Dat hul lewens korter is as moordenaars en verkragters.
Tog is ons almal sterwelinge en dis ñ groot troos dat ons mekaar in die hiernamaals weer sal ontmoet wanneer ons in die Here lewe.

Nicolene ·

Genade onbeskryflik groot! Here hou asb die gesin vas en gee hulle vertroosting en berusting. Geen ouer moet ‘n kind begrawe nie. Ek dink aan julle onbekende gesin. Ek bid vir julle in hierdie tytd.

Annie ·

Pragtige Engeltjie. Innige simpatie aan haar familie. Mag ons Hemelse Vader julle styf vashou.

Louis ·

Daar is hopeloos te veel vragmotors op ons nasionale paaie wat groot gevaar skep vir ons motoriste, van die vrag moet na die spoor verskuif word . Sterkte aan die gesin

Landa Driessen ·

Dit is so hartseer, sterkte aan die mama en familie… net Jesus kan julle troos in die tyd♡

Jane ·

Pragtige mens .. mens kan jou nie die ouers se hartseer voorstel nie. Ons innige simpatie met die heengaan van julle sonskynkind. Kinders word net vir ons geleen, en julle het ‘n lieflike dogter gehad wat voluit geleef het in die tyd wat sy hier op aarde was. Mag julle troos vind in God en al die mooi herinneringe van haar wat julle in julle harte ronddra. RIV mooi mens.

Lourens Kritzinger ·

Dit is werklik tragies. Die Here sal jul dra. Sterkte aan die families en geliefdes.

Realis ·

Ek het vanoggend verby die plek gery waar die ongeluk gebeur het en sulke tragedies laat my net vra ” hoekom”…….

Diane ·

My heart goes out to the family that lost loved ones. May God be with you through this difficult time xxx

Ook 'n mamma ·

Innige simpatie aan haar naasbestaandes. My hart pyn vir julle, trane stroom en ek het haar glad nie geken nie… Sterkte

Jacqui Logan ·

Wat ‘n verskriklike trauma om jou pragtige geliefde kind op so ‘n wrede manier aan die dood af te staan. Geen ouer behoort daaardeur te gaan nie maar God het sy Redes, sy Plan en sy Tyd en die groot troos is dat julle weet waar julle geliefdes is en dat hulle met die Allergrootste liefde daar ontvang is. Niemand ken jul pyn nie, elke ouer se pyn is uniek maar ek bid julle de Vader se Genade toe, sy Heling en Vertroosting in die tyd wat voorle. Koester die mooi herinneringe en neem elke dag op in die Krag en Vertroosting van God, jul Hemelse Vader. Vra niks, se net dankie. Sterkte vir julle almal wat in hierdie verskriklike gebeurtenis betrokke is.

Adrie ·

My hart bloei vir almal, veral vir klein Lua, sy het haar hele gesin verloor, almal wat elke dag deel van haar lewentjie was!! Sterkte aan almal wat haar moet bystaan elke oomblik van nou af en al die jare vorentoe, die Here sal jul krag en genade gee!!

Benita ·

Liewe Lyndie, David, Lizani en Schalk my innige simpatie. Sterkte ons bid vir vertroosting.

Lenise se sussie ·

Hoe dankbaar is ek nie dat julle na al die ander berigte, een oor my sussie geskryf het nie!!! Sy verdien ‘n boekdeel! Daar is soveel goeie goed van my ou baba sussie’tjie, ek voel so jammer vir jou my sus. Jy het dit nie verdien nie. Sussie wens ek kon jou beskerm. My arme hartjie bloei vir jou dat jy so moes seerkry. Shame. My ogies en hartjie is vol trane. Baie dankie aan elke een se kommentaar hierbo wat aan ons as gesin gaan!

Thea Gerber ·

Ons ken jou nie, maar ons huil saam met jou oor jou verlies. Sterkte!

Dellaq ·

Ek huil oor hierdie onbekende mense wat so tragies weggeruk is. Julle los leemtes wat nooit gevul kan word nie. Hier is stukkende harte van mense wat moet agterbly en weer die stukke moet optel, wat vir jare die verlies gaan voel. Innige simpatie vir die ouers, broers en susters en veral die kleine dogtertjie wat haar hele familie in ‘n oogwink verloor het.

Dad David & Mom Lyndie ·

Our Precious Princess Lenisè

We little knew that morning that Yeshua was going to call your name. In life we loved you dearly, in death we do the same. It broke our hearts to lose you, you did not go alone. For part of us went with you, the day Yeshua called you home. You left us peaceful memories, your love is still our guide, and though we can not see you, you are always at our side. Our family chain is broken and nothing seems the same, but as Yeshua calls us one by one, the chain will link again.

They say there is a reason, they say time will heal. But neither time nor reason, will change the way we feel. For no one knows the heartache that lies behind our smiles. No one knows how many times we have broken down & cried. We want to tell you something so there won’t be any doubt. You are so wonderful to think of, but so hard to be without!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.