Limpopo-onnie, kinders ná 3 weke gevind

Esther Mnisi is weer gevind. Foto: Verskaf deur SAPD

Die hoërskoolonderwyseres van Namakgale buite Phalaborwa in Limpopo wat vroeër vandeesmaand spoorloos saam met haar twee seuns verdwyn het, is ongedeerd gevind.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê Esther Mnisi (45) en haar seuns, Hlulani (10) en Matimba (9), is Maandag in die Mankweng- informele nedersetting in dié provinsie aangetref – net ʼn paar kilometer van waar Mnisi en haar kinders woon.

Ngoepe sê op navraag van Maroela Media Mnisi was glo op pad terug huis toe, maar langs die pad gestrand nadat haar motor se brandstof opgeraak het. Sy het gaan hulp soek en is deur ʼn gemeenskapslid geïdentifiseer. Die polisie is deur die gemeenskapslid ontbied.

Volgens Ngoepe het Mnisi en haar twee seuns die afgelope drie weke by ʼn plaaslike kerk in die provinsie deurgebring. “Sy kon nie bevestig presies wat hulle by die kerk gemaak het of hoekom hulle sonder ʼn woord aan enigiemand verdwyn het nie,” sê Ngoepe. “Daardie besonderhede kan dus nie onmiddellik bekend gemaak word nie.”

Sowel ma as kinders is reeds met hulle familie in Namakgale herenig.

ʼn Familielid het vroeër aan die polisie gesê Mnisi ly aan ʼn mediese toestand en woon om dié rede gereeld kerkdienste in Lebowakgomo en Mankweng by, dikwels sonder om iemand in kennis te stel. Dit is sover Ngoepe se wete strek egter die eerste keer dat sy vir só ʼn lang tydperk verdwyn.

Mnisi is ʼn onderwyseres by die Lepato High School in die Makhushane-nedersetting buite Phalaborwa.

Hlulani (links) en Matimba was saam met hul ma, Esther Mnisi, vermis, maar is intussen weer gevind. Foto: Verskaf deur SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

christa ·

kla die vrou aan. Hoekom almal op hol jaag en sy sit dood loiters en se niks

Snuffels ·

Wie sê sy het nie gevlug omdat sy en haar kinders dalk aangerand word nie. Dan hoef sy mos vir niemand te sê nie.

Albaster ·

Sekte dalk? Sy is beslis nie bevoeg om met kinders te werk nie. Ek is bly sy en haar kinders is veilig teruggevind.

Anoniem ·

Dit klink asof die hoërskoolonderwyseres haar leerders net so aan die genade oorgelaat het. Hulle het dalk nie eens die verskil agter gekom nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.