ʼn Hoërskoolonderwyseres van Namakgale buite Phalaborwa in Limpopo en haar twee kinders word al meer as ʼn week lank vermis nadat hulle die middag van 4 Junie die laaste keer gesien is.
Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het ʼn volskaalse soektog na Esther Mnisi (45) en haar seuns, Hlulani (10) en Matimba (9), van stapel gestuur.
Mnisi is ʼn onderwyseres by die Lepato High School in die Makhushane-nedersetting buite Phalaborwa.
Volgens Ngoepe is Mnisi en haar kinders verlede week Maandag omstreeks 15:00 vir die laaste keer gesien toe hulle in hul Toyota Corolla uit die nedersetting gery het sonder om enigiemand in te lig waarheen hulle op pad is. ʼn Familielid het aan die polisie gesê Mnisi ly aan ʼn mediese toestand en woon om die rede gereeld kerkdienste in Lebowakgomo en Mankweng by, dikwels sonder om iemand in kennis te stel.
Familielede en die polisie het saam na die drie vermistes by al die kerke in die omgewing gesoek, maar die soektog het nog niks opgelewer nie.
Die gesin se Toyota Corolla is silwerkleurig met die registrasienommer CDN 067 L. Enigiemand met inligting oor waar die drie hulself mag bevind, word versoek om sers. Lebogang Selepe by 079 566 6215 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel of die naaste polisiestasie te besoek.
Hou U hand van bewaaring oor hulle Here……
Amen
Sy lei aan n mediese toestand en verdwyn gereeld maar sy is n onderwyser by n skool? Hoe de hel is dit moontlik? Hoe stabiel is sy dan.
Mooi vroutjie. Hoop sy en haar kinders is veilig. Ek will so graag n beroep doen op kerke (die gemeente waar die persoon aan behoort!) en die gemeenskap om meer betrokke raak met enkel ma’s en kinders…. Hulle het (finansiele en emosionele) hulp nodig!!