Limpopo-onnie vermoor

Argieffoto: Kent Williamson

Twee mans, een van hulle ʼn onderwyser, is in twee afsonderlike voorvalle die afgelope naweek in Limpopo doodgeskiet. In een van dié voorvalle is drie ander mans ook geskiet en gewond.

Kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die onderwyser, verbonde aan die Mbangezika High School in die Shikukwani-nedersetting, se liggaam is in die veld in die Giyani-polisiëringsgebied gevind.

“Eksamenvraestelle het langs sy liggaam gelê en daar is ook ʼn koeëldoppie op die toneel gevind. Sy motor was skoonveld,” het Ngoepe gesê.

“Die motief vir die voorval is onbekend, maar die moontlikheid van ʼn motorkaping kan nie uitgesluit word nie,” het hy bygevoeg.

Volgens Ngoepe het die ander voorval in die Marble Hall-polisiëringsgebied plaasgevind.

“ʼn Middeljarige man en drie ander mans is tydens ʼn beweerde rooftog in die Toitskraal-nedersetting geskiet. Lede van die gemeenskap het op die slagoffers afgekom. Een van die mans het reeds op die toneel aan sy beserings beswyk.”

Die gewonde mans is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord en roof.

“Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie, maar die polisie het ʼn volskaalse soektog na die verdagtes van stapel gestuur,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Benna

Waar is die menseregtekomissie dan. Daar mag nie doodstraf wees vir moordenaars nie, maar as gevolg van die wet wat wegval sterf baie meer onskuldige mense. Hoe dan nou?

Nina

Gaan my verstand te bowe… Mense wat op hulle plase, IN HULLE HUISE, aangeval en gemartel word, se sake word gesien as huisroof of aanranding met die doel om ernstig te beseer, maar nie poging tot moord soos in hierdie geval nie? HOEKOM NIE? Is dit nie poging tot moord om met ‘n strykyster gebrand en met sy kabel gewurg te word nie? Is dit nie poging tot moord om in die rug gesteek te word as jy uit jou eie huis probeer ontsnap van die booswigte nie? Daar is GROOT FOUT en die regering doen NIKS daaraan nie. Daar… Lees meer »

Flooi

Hulle is besig om mekaar oom uit te Moor!!!!

MADELEIN

En kyk hoe word die berig afgesluit.Niemand is ivm die moord inhegtenis geneem nie asb kry net n ander gesegde om al die moord berigte af te sluit word daar ooit iemand gearesteer

@ Nkosi

Nkosi I agree but I MISS YOUR COMMENTS at all the farm murders. Only when it is a person of colour who is murdered then all of a sudden empathy and sympathy are on the table, normal commentators AND the Government are always quiet on ANY WHITE person who get killed, why the long piece now all of a sudden? Why now preach that we need each other? I missed your comments on the lady who was killed, as well as the couple who was attacked! Lets give sympathy to all, only then will I believe you.