Limpopo-ontsnapping: Derde man vasgetrek

Phineas Malangoane is Sondag weer in hegtenis geneem. Foto: Verskaf

Phineas Malangoane is Sondag weer in hegtenis geneem. Foto: Verskaf

Nog een van die ses verhoorafwagtende gevangenes wat verlede week uit die aanhoudingselle van die Witpoort-polisiestasie in Limpopo ontsnap het, is Sondag in Tembisa, tussen Pretoria en Johannesburg, vasgetrek.

Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagte is in die Ivorypark-gebied van Tembisa in hegtenis geneem.

“Phineas Malangoane (36) sal binnekort in die Lephalale-landdroshof verskyn waar ʼn bykomende aanklag van die ontsnapping uit wettige aanhouding teen hom ingedien gaan word,” het Otto gesê.

Malangoane se inhegtenisneming volg op dié van Moses Modimola (24) en Jerry Machaba (28) wat Donderdagaand in Boksburg aan die Oos-Rand opgespoor en in hegtenis geneem is.

Die soektog na die ander drie voortvlugtiges duur voort. Hulle is Silence Duba (23), Thomas Chuma (29) en Clifford Muhonhori (33). Hulle is onder meer in hegtenis geneem op aanklagte van gewapende roof en verkragting.

“Die mans moet as gewapen en gevaarlik beskou word en die publiek word aangeraai om hulle nie te konfronteer nie, maar eerder dadelik die polisie in kennis te stel as iemand hulle opmerk,” het Otto gewaarsku.

Mense wat weet waar die verdagtes hulle bevind of wat verdagte mense in die omgewing opmerk, word versoek om kapt. Rakhubela by 082 469 1353 te bel.

Die omstandighede rondom die ontsnapping word steeds ondersoek.

Dié drie verdagtes is steeds soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

KarooKlong ·

Resies fiets, BMX, Berg fiets.
Baie geluk SAPD tot dusver. Hou so aan.

Karma ·

Al die ontsnaptes het twee goed in gemeen: hulle het/moet teregstaan op (o.m.) aanklagte van verkragting en hulle is van ‘n sekere rasgroep in SA. Regter Jansen, jy was 300% reg – Gillian Schutte, jy is 1000% verkeerd!!!

Anti DA ·

Ek wonder nou net hoe hulle so maklik kon ontsnap het uit polisie aanhouding sal nogal interessant wees om te weet of die bendes in blou hulle gehelp het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.