Limpopo-ontsnapping: Drie weer vas

Lucas Chuene (39) wat op aanklag van moord in hegtenis geneem is, is nog op vrye voet.

Drie verhoorafwagtende gevangenes wat Woensdagoggend uit die Lebowakgomo-aanhoudingselle in Limpopo ontsnap het, is sedertdien weer vasgetrek.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Thabiso Rudolf Maleka (30) en Motswiri Mphahlele (25) is vanoggend weer in hegtenis geneem. ʼn Derde gevangene, Piet Maashaba (19), is reeds Woensdagaand weer vasgetrek.

Die sewe gevangenes het ontsnap nadat hulle glo die boonste gedeelte van een van die selblokke oopgesny het.

Die ander vier gevangenes is steeds op vrye voet en die soektog na hulle gaan voort. Hulle is Lucas Chuene (30) wat in hegtenis geneem is vir moord, Tshepo Maja (39), Mpho Ledwaba (30) en Frans Maponya (19) wat almal in hegtenis geneem is in verband met verkragting en roof.

Die polisie het vroeër gesê vier van die sewe gevangenes is in hegtenis geneem in verband met ʼn voorval in Junie verlede jaar waar ʼn man en sy vriendin in ʼn straat in Lebowakgomo aangeval en van hul selfone en klere beroof is. Die verdagtes het die vrou glo daarna om die beurt verkrag.

Enigiemand met inligting oor waar die oorblywende verdagtes hulle moontlik kan bevind, word versoek om die naaste polisiestasie of kol. Margarett Kgwedi by 082 451 7229 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

wraggies ·

Met wat is die dak oopgesny, by wie het hulle dit gekry, was hulle deursoek voordat hulle in die selle gesit is, ek meen hierdie is ernstige misdrywe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.