Limpopo-ontsnapping: Twee weer vas

Een van die gevangenes wat steeds soek is. Foto: SAPD

Een van die gevangenes wat steeds soek is. Foto: SAPD

Twee van die vyf gevaarlike gevangenes wat Maandagaand uit die Ritavi-polisiekantoor in Limpopo ontsnap het, is weer vasgetrek.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê twee van die verdagtes is onderskeidelik Dinsdagaand en Woensdagoggend in die Nkowankowa-omgewing vasgetrek. Stanley Nkwana en Rufus Mkhawana word onderskeidelik aangekla vir poging tot moord en verkragting, roof en aanranding.

Een van die gevangenes wat steeds soek is. Foto: SAPD

Een van die gevangenes wat steeds soek is. Foto: SAPD

Nkwana en Mkhawana het saam met drie ander gevangenes ontsnap toe hulle die ogiesdraad in hul oefenkamer by die polisiekantoor oopgesny het. Lazarus Moseamedi, Kgomotso Mokhabudi en Dumisani Nukiwe Khosa is steeds soek.

Otto het gesê ʼn ondersoek is van stapel gestuur om vas te stel hoe die verdagtes dit reggekry het om die draad ongesiens oop te sny en te ontsnap. Dissiplinêre stappe sal geneem word indien die ondersoek bevind dat enige polisiebeampte nalatig opgetree het of nie operasionele prosedures gevolg het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.