Limpopo-ontvoerder gevonnis

Die babaseuntjie wat ongedeerd gevind is. (Foto: Verskaf deur SAPD)

Anna Matjila is in ʼn hof in Mokopane (Potgietersrus) tot agt jaar tronkstraf gevonnis ná sy verlede maand ʼn baba by ʼn winkelsentrum in die dorp ontvoer het.

Aanklagte teen haar medebeskuldigde, haar 23-jarige kêrel, is teruggetrek hangende verdere ondersoek, het Maphure Manamela, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Sy het in die streekhof verskyn op aanklag dat sy die baba gesteel het. Sy het vir die eerste keer op 15 April 2019 in die hof verskyn en haar aansoek om borgtog is afgekeur. Sy was sedertdien in aanhouding en sy is Dinsdag tot agt jaar tronkstraf gevonnis,” het Manamela gesê.

Maroela Media het vroeër berig Matjila het die ma by die Mokopane-winkelsentrum ontmoet en aangebied om die ses week oue babatjie vas te hou terwyl die ma eet. Hulle het toe verder gaan inkopies doen en Matjila het steeds die baba vasgehou. Sy het daarna met die baba verdwyn.

Matjila en haar kêrel is in hegtenis geneem ná hulle met die baba in hul besit betrap is by GaMphela buite Polokwane (Pietersburg). Die baba is ongedeerd en met sy ma herenig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter du plessis ·

Die is n positiewe en gelukkige einde ek wonder wie die privaat speurder of sekuriteit persone is wat die baba opgespoor het en die twee gevang het?

Rooi ·

Ek is nou nie snaaks nie maar die saak is vinnig afgehandel. Wat van die ander sake wat jare lank duur alvorens enige vonnis opgelê is. Ek wil baie graag weet. Het dit iets met die regstelsel te doen of is daar genoeg bewyse gewees. Net ‘n vraag

Pieter du plessis ·

Dit is die sake wat die polisie hanteer of probeer hanteer of net los.

Angel ·

Aansoek om borgtog is afgekeur. Agt jaar tronkstraf gevonnis. Moordenaars kry borgtog en nie so swaar gevonnis.

erika ·

Net bly die baba is nou veilig! Net jammer dat hulle net 8jaar tronktoe gaan…wat van 28jr!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.