Limpopo-pa hang kleuter en toe homself

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pa van Bela-Bela in Limpopo het glo sy vierjarige seuntjie gehang voordat hy selfmoord gepleeg het.

Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Abraham Mmuti Lebudi (30) was glo Vrydagaand met die ma van sy kind, Dinah Sebolai (23), in ʼn rusie betrokke by ʼn plaaslike kroeg.

Lebudi is omstreeks 21:15 na sy huis waar hy ʼn tou om hul seun, Theboga Frans Sebolai, se nek gesit en hom in ʼn boom gehang het.

“Die pa het die volgende oggend vroeg familielede gebel en verduidelik waar hulle die kind se liggaam sou aantref,” het Otto gesê. “Hy het ook gesê hulle sou sy liggaam in dieselfde gebied aantref. Sy liggaam is later gevind waar hy homself aan sy nek in ʼn boom gehang het.”

Otto het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

christine mathom ·

Waar wonder ek, was die ma op die tydstip. Waaragtig skokkend.

Marie Oosthuizen ·

Ai waar gaan die lewe sommige mense gooi. Hoekom n kind se lewe neem? Dis mos nie sy rusie nie. RIV kleinding.

pop ·

Christine, Hulle se mos, die ma was in die kroeg> En haar kind word vermoor. Haar man het verkeerde een gehang. Wonder hoe het sy volgende oggend gevoel??? DRANK is n euwel wat uitgeroei moet word.

Illa ·

Tipies. Ons leuse is mos “drink and be merry”, maar bewaar jou siel as jy ‘n sigaret voor ‘n kind aansteek! Dit is sosiaal aanvaarbaar om vir jou ‘n lang glas dop te gooi, met of sonder kinders in jou teenwoordigheid, maar moet net nie ‘n sigaret aansteek nie. By eetplekke gaan staan ek skuldig en skaam om die hoek en rook my sigaretjie terwyl ek deur mense met glase wyn in die hand aangegluur word asof ek ‘n kernbom plant, maar glo my. Nog nooit het ek my onder die invloed van ‘n sigaret ongegrond vererg vir my kinders of ‘n hand vir hul gelig nie – hoeveel van die alkohol gebruikers kan werklik dieselfde sê? Nee wat, “drink and be merry” en laat jul gesinne en familie maar maar die gevolge van jul dade dra, net soos ek (let wel ALLEEN) die gevolge van my dade sal dra.

Deon ·

Behalwe dat ek nog NOOIT my hand gelig het teen my vrou of kind omdat ek ‘n glasie wyn of twee in het nie, maak dit ook nie saak hoeveel wyn ek voor jou drink nie – die asem wat ek uitblaas gaan nie jou of jou kind kanker gee nie. DIT, liewe Illa, is hoekom jy om die hoek moet staan terwyl ons jou aangluur – my gewoonte besoedel net myself. Jou gewoonte besoedel jouself, die lug om jou, die bedding/gras/grond/strand/see/dam/ pad of waar ookal jy jou stompie heen skiet en dus die hele omgewing om jou. So jy dra toe nie NIE alleen die gevolge van jou gewoonte nie…

Illa ·

Dis net jammer dat die kindertjies in die lae-koste behuisingskema’s nie dieselfde kan sê nie. Ek het nog nie gehoor van ‘n ma wat haar pligte versuim omdat sy gesit en rook het nie, maar wel van my man se werknemers wat by die huis kom om hul kinders by die asgate te vind terwyl die ma dronk in die huis lê. So jammer as my rook jou omgewing besoedel – jy moet dalk van nou af begin loop waar jy wil wees, want so doen jou kar ook!

Illa ·

Dis hartseer en totaal onnodig. Dink net die arme kind se vrees in sy laaste oomblikke! Hoop nie die ma het nog kinders nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.