Limpopo-pa vas vir beweerde gru-moord van vier kinders

mes-aanval

Argieffoto

ʼn Pa van Limpopo is in polisieaanhouding nadat hy Saterdagaand glo al vier sy kinders se kele afgesny het.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die 36-jarige man van Moletlane-Mmatjatji in Magatle se vier kinders woon glo by hul ouma. Hy het Vrydagoggend die kinders by hul ouma gaan haal en na Gauteng geneem om by hul ma te gaan kuier.

“Hy en sy vrou was glo nie op goeie voet met mekaar nie. Hy het na bewering gisteraand [Saterdagaand] teruggegaan en al vier seuns vermoor deur hul kele af te sny. Hy het daarna selfmoord probeer pleeg,” het Otto gesê.

Die man is na ʼn Polokwane-hospitaal oorgeplaas, waar hy tans aansterk. Sodra hy herstel het, sal hy in die hof verskyn op vier aanklagte van moord.

Die kinders was onderskeidelik 13, 10, ses en vier jaar oud. Maroela Media kan nie die kinders se name bekendmaak voordat die verdagte in die hof verskyn het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Wilmarie ·

Hoe kan mens so iets doen? Dis verskriklik! Is die duiwel in daai man of wat?

Nicolette ·

Geen kind ongeag ras, kleur ens verdien om vermoor te word nie….

Martie ·

Wens ek kon immegreer…ek weet nie wat maak my die bangste nie..die geweld in ons land of die feit dat my eie nasie, volk uitgewis gaan word want ons is leierloos, met geen vooruitsigte in ons land nie…

meira ·

Mag hy lewe, en die res van sy lewe deur sy gewete aangekla te word.

Gideon ·

Meira, dit sal nie gebeur nie- sommige mense weet nie wat is ‘n gewete nie!! En daar is baie van hulle!!

Petro ·

Diere doen nie eers sulke goed met hulle kleintjies nie !! Hy verdien nie om te lewe nie !! As hy sou tronk toe gaan moet ons belasting betalers tog net weer vir hom sorg !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.