Limpopo-paartjie dood in huis gevind

Juané Potgieter en CJ Jansen van Vuuren. Foto: Facebook

Juané Potgieter en CJ Jansen van Vuuren. Foto: Facebook

ʼn Paartjie van Bela-Bela in Limpopo is Saterdag dood in hul huis op die dorp aangetref.

Juané Potgieter (30) en CJ Jansen van Vuuren (30) se liggame is deur ʼn vriend in hul slaapkamer op hul bed gekry.

Volgens vriende se inskrywings op Facebook is Potgieter en Van Vuuren Vrydagaand vir die laaste keer lewend gesien toe hulle saam met vriende gesamentlik hul verjaardae gevier het. Toe ʼn vriend hulle nie Saterdag in die hande kon kry nie, het hy onraad vermoed en na die twee se huis gegaan waar hy hul liggame gevind het.

Bela-Bela Crime Support (BBCS) het op sy Facebook-blad gesê van hul lede was op die toneel en daar was geen teken van geweld of ʼn inbraak nie. Geen vuilspel word vermoed nie, maar ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van dood te bepaal. BBCS kon nie Vrydag vir kommentaar bereik word nie.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat daar nie vuilspel vermoed word nie en het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen. “Die nadoodse ondersoeke is reeds afgehandel. Ons wag nou op die uitslae,” het sy gesê.

Intussen het boodskappe van medelye op Facebook ingestroom en het die paar se vriende hul skok oor hul skielike dood uitgespreek. Potgieter sowel as Jansen van Vuuren het kinders uit vorige verhoudings.

ʼn Gedenkdiens vir Potgieter word Saterdag om 11:00 uit die NG-Wes-gemeente in Bela-Bela gehou. Begrafnisreëlings vir Van Vuuren is nog nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

johann cb ·

Ongelukkig is daar weer jong kinders wat die impak moet verwerk saam met familie en vriende – sterkte aan almal.

Daleen Prinsloo ·

Liewe land…!!! Baie VREEMD. Baie sterkte aan die families en VERAL die KINDERS. Mag GOD julle in sy hande toevou!! AMEN

alida ·

Koos wat probeer jy sê? Natuurlik gaan mense nie net “dood” nie. Dienadoodse ondersoek is nog nie afgehandel nie. Sit ‘n wag voor jou mond. Ons ken nie die omstandighede nie.

Johan. ·

Dit kan enige iets wees. n Foutiewe elektriese kombers of n skok of uiteet kos wat vergitig is. My hond het Dinsdagaand nog kom dat ek haar ore krap en Woensdagoggend is sy dood in haar warm kas gevind. ook geen merke of te oud nie. Dit bly n raaisel maar Ons Vader weet wat het gebeur…

Karolis ·

Wees op jou hoede, klink soos ‘n aanloop tot huisbraak en roof. Hoop ek is verkeerd.

oogies ·

so hartseer en tragies dit is sulke 2 pragtige jong mense sterkte aan die agterblywendes

christine ·

Honde vergiftiging in Welkom op grolt skaal klink my n totale aanval in alle gevalle is Two Step gebruik

Gesiggie ·

Dit is so hartseer…. hul is so n pragtigge paartjie…sterkte aan die Familie en vriende…

*Babes* ·

Ek kan tot vandag toe nie die mens dom verstaan nie!!!!!!
Mense is dood dis n hartseer saak hulle is nog jonk en ons praat nie eers van hulle kinders nie en al wat somige mense tese het is SELFMOORD????? Geen VUILSPEL???? Wats vout met julle mense??? Dink asb aan die familie wat dalk die komentaar mag lees en hart verskeerend is!!!!!!

Frans ·

2 mense langs mekar gani somer net so dood sonder n rede ni da moes iets gebeur het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.