Limpopo-plaasaanval: Vrou met panga aangeval

Argieffoto

Argieffoto

Sophia Botha (63) word in ʼn hospitaal in Polokwane behandel nadat sy Donderdagaand op ʼn plaas in die Vivo-gebied in Limpopo deur ʼn man met ʼn panga aangeval en beroof is.

Kol. Ronel Otto, ʼn woordvoerder van die polisie, het Vrydag aan Maroela Media gesê die voorlopige ondersoek dui daarop dat Botha se aanvaller vermoedelik ʼn Zimbabwiër is.

“Botha het blyplek op die plaas gehuur. Volgens inligting wat die polisie ontvang het, was die verdagte glo ʼn werker op die plaas en is vroeër die dag afgedank,” het Otto gesê. “Die werker het later die dag teruggekeer. Die plaaseienaar en Botha was nie by die huis nie, en hy het Botha by haar blyplek ingewag.”

Volgens Otto het Botha die aand omstreeks 19:00 weer by haar huis aangekom, en die man het haar aangeval. Hy het kontant geëis en haar verskeie kere met ʼn panga aangeval. Sy het beserings aan haar kop, arms, maag en bene opgedoen.

“Die verdagte het Botha se huis geplunder en ʼn televisie, radio, klere en ander waardevolle besittings in ʼn voertuig gelaai,” het sy gesê. “Die verdagte kon egter nie die voertuig in tru-rat kry nie, en het daarna te voet van die toneel gevlug.”

Die verdagte is steeds soek.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het aan Maroela Media gesê Botha se toestand is ernstig maar stabiel.

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

My simpatie met die arme dame. Die drek van ons buurlande kom pak in Suid – Afrika af en was al vir baie aanvalle verantwoordelik en dan vlug hulle terug oor die grens want hulle weet dat hulle nie maklik gevang kan word nie omdat hul nie SA identitietsdokumente het nie.
Asseblief mense moet nie vir hierdie parasiete werk gee nie want jy kan hulle nie vertrou nie al werk hulle ookal hoe goed. Verjaag die gemors wanneer hulle kom vra vir werk.

stoffel ·

Eish dis Bad ,al hoe meer ou mense word aangeval,en daar word niks daar aan gedoen nie,,waar gaan die wereld heen met al die geweld ,haat en rusie ,dis glad nie van ons Vader af nie ,maar van die duiwel ,want hy steel, lieg, bedrieg en dood waar hy gaan !!!laat ons almal net Bid en vertrou dat God Sy waakende hand sal hou oor Sy mense ,geniet die naweek ,en dankie vir jul blad!!!

willie ·

Stoffel, jy maak my dag. Dankie my vriend !! Ek bepleit al hoe lank dieselfde terugkeer na God. Ons Suid Afrikaners, maw. ALLE rasse ,kleure en geure INSLUITEND die Zuma’s en Malema’s en De Klerk’s en Mulders leef in geestelike armoede en ongelukkig probeer meeste van ons om daardie geestelike armoede te ignoreer. Daar word debatte gevoer, vergaderings, seminare en simposiums gehou oor al wat denkbaar is BEHALWE dit wat regtig saak maak naamlik die onregte wat deur mense teen mense gepleeg word. Hierdie onregte sluit nie net die miskenning van die menslike reg op lewe in nie maar ook die plig om verantwoordbaar met mekaar te handel, mekaar te respekteer, mekaar te ondersteun.Die beste wat ons regeerders tot hede kon doen, was om ‘n maand van vroueregte af te dwing. Siestog !! As dit ‘n maand van menseregte was, sou ek kon saamstem want dan sou dit die onregte teenoor kinders en mans insluit

C P Dumas ·

Dis wat ek sê jaag die buitelander terug na hul eie lande! Kyk maar 80- 90% plaasaanvalle is buurlande burgers. Hoekom is daar so baie vreemdeling haat onder ons eie veral swart bevolking??? Daar is seker ± 25% buitelanders in SA. Ons binneland se beleid oor “inkomelinge” is te slap. Stuur terug en daar sal ook minder onrus weens staking wees agv opswepery. Anoniem

Jasper ·

“Die verdagte is steeds soek” Ek sou dink Die MOORDENAAR is steeds soek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.